HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Slang! Slang! Kom gou, meneer!


   02 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 167   l   3 months ago  

 

’n Egiptiese kobra is by die Settlers Agricultural High School verwyder nadat dit op die speelterrein opgemerk is. Op die foto is Charles Smit, onderwyser, besig om die kobra te verskuif.


’n Paar matrieks van die Settlers Agricultural High School het op Woensdag 24 Januarie groot geskrik toe hulle ’n Egiptiese kobra naby die skool se wooneenhede langs die speelterrein gewaar het.

Charles Smit, onderwyser, het aan Die Pos gesê die leerders het hom kom roep en na die slang toe geneem.

“Ek probeer al vir ’n geruime tyd my bes om by die leerders tuis te bring dat slange gevang en verskuif moet word omdat hulle ’n natuurlike funksie verrig deur die plaagdiere waaroor mense in die omgewing so kla, te vang,” het Smit gesê.

Smit, wat lief daarvoor is om slange te bestudeer, het die kobra gevang en kilometers ver van die skool af vrygelaat.

“’n Veilige afstand om te verseker dat die slang nooit weer terugkeer nie, is tussen 5 km en 20 km van waar die slang gevind is. Ek verskuif aanhoudend slange en dit is glad nie vir my moeite nie,” het hy gesê.

Kenners waarsku dat mense slange nie direk moet konfronteer nie en liewer ’n slangvanger moet vra om die reptiel te verwyder.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories