HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Seun (5) in hospitaal ná slangbyt


   02 February 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 1925   l   3 months ago  

 

Dawid du Plessis (5) van Vaalwater sterk tans in die Montana-hospitaal aan waar hy behandeling ontvang nadat ’n Mosambiekse spoegkobra hom op sy linker- ringvinger gebyt het. Foto: Verskaf 


’n Geliefde gesin van Vaalwater se lewe is omvergewerp nadat die ma deur ’n 1,3 m lange Mosambiekse spoegkobra in die oog gespoeg en haar 5-jarige seun deur die-selfde slang op die hand gebyt is.

Phillip en Rheta du Plessis woon saam met hul kinders, Megan (11) en Dawid (5), op die plaas The Fold ongeveer 45 km buite Vaal-water. 

Hulle bestuur The Fold Children’s Home vir Paul en Micky Prince van Amerika. The Fold huisves tans 32 kinders en bedryf ook ’n tuisonderrigsentrum, die Good Shepard Centre. 

Rheta het aan Die Pos vertel dat sy en haar gesin op Dinsdag 23 Januarie om 23:00 gaan slaap het. Megan en Dawid het in hul ouers se kamer op die vloer kom slaap. 

“Dawid het om 23:30 gekerm. Toe ek regop kom en vooroor leun, het ek iets nats in my oog gevoel. Ek het opgespring, die lig aan-gesit en die slang langs Dawid se kussing gesien. Dawid se linker ringvinger het ge-bloei en ons het die kinders dadelik uit die kamer gestuur.” 

Rheta en Phillip het die slang doodgemaak en vir Marius Koekemoer gebel om die slangspesie te bevestig. Hulle het na die Mediclinic op Lephalale, wat 65 km van The Fold is, gejaag en binne 35 minute voor die kliniek stilgehou.

 “Dawid was heel kalm,” het Rheta gesê. Twee dokters het die gesin dadelik bygestaan en met teengiftoediening begin. Retha se oog het intussen volkome herstel. 

Volgens haar het dit gevoel asof sy haar oog wou uitgrawe, maar sy was só be-kommerd oor Dawid dat sy nie aan haarself kon dink nie.

 “Ons kan net die Here dank vir mense se oop harte, want danksy weldoeners kon ons Dawid op Donderdag 25 Januarie in ons bakkie met drup en al na die Montana-hospitaal in Pretoria oorskuif,” het sy gesê. Dawid is dieselfde middag na die teater gegeneem waar sy hand geopereer is. Rheta het gesê hoe minder die weefsel deur die gif aangetas word, hoe beter. 

* Volgens inligting van die webtuiste Aspin-adventures is daar vier verskillende soorte slanggif: neurotoksies (mambas, kobras en rinkhalse), wat die sentrale senustelsel aantas, hemotoksies (boomslange), wat die slagoffer se bloed aantas, sitotoksies (pofadders en Mosambiekse spoegkobra), wat die selle en weefsel van die slagoffer aantas en miotoksies (seeslange), wat die slagoffer se spiere aantas en hart- en nierversaking kan veroorsaak.

Die Mosambiekse spoegkobra se gif bevat meer as een van die bogenoemde gifsoorte, naamlik, sitotoksies, asook neurotoksies, wat gedeeltelike blindheid en vel- en weefselverlies tot gevolg kan hê.

Net die rinkhals, Mosambiekse spoegkobra en die swart spoegkobra het die vermoë om gif tot 3 m ver te spoeg om hul aanvallers te verblind. 

Bron: www.aspin-adventures.co.za/slang_byt.php

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories