HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Oudinwoner sterf ná hartoperasie


   02 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 87   l   24 days ago  

 

At Lemmer (65), ’n oudinwoner van Bela-Bela, is oorlede nadat hy ’n groot hartoperasie ondergaan het.

 


At Lemmer (65), ’n oudinwoner van Bela-Bela, is op Saterdag 20 Januarie in die Unitas-hospitaal in Centurion oorlede nadat hy ’n vieraarhartomleidingsoperasie ondergaan het. 

Volgens sy dogter, Rialize Lemmer van Rensburg, was die operasie suksesvol, maar haar pa se hart het net teveel skade gehad en dit het tot sy dood gelei. Sy het vertel dat hy die afgelope tyd veral vinnig moeg geraak het, maar niemand het besef dat hy hartprobleme gehad het nie.

Lemmer is in 1952 op Bela-Bela gebore en het daar skoolgegaan. Hy het daarna by die Polisie-kollege ingeskakel en deel van die polisie se berede-eenheid geword.

Ná sy polisieloopbaan het hy vir die ontwikkelingsraad van die destydse Warmbad gewerk en sy vrou, Maria-Luisa (Rammie), ontmoet. Hulle het twee kinders. Rammie het twee tuisnywerhede op die dorp bestuur. Die egpaar se paaie het egter geskei. 

Lemmer het in 2003 na Alberton verhuis en in 2011 by Rialize se gesin op hul plaas in Marikana, Rustenburg, ingetrek. Rialize se broer, Riaan, is in April 2011 in ’n motorongeluk oorlede.

Lemmer se roudiens is op Donderdag 25 Januarie by die ATKV-Buffelspoort gehou waar hy sy laaste jare baie tuis geraak het, het Rialize gesê.

“My pa was altyd by ons kinders betrokke — hetsy by sport of kultuur. Ons het menigmaal in die skitterblink rooi Volkswagen Kombi na een of ander wedstryd gery, selfs al was dit net om die eerste rugbyspan te ondersteun,” het Rialize gesê. “My pa het vir sy werk geleef en die mense daar wat vir hom soos een groot familie was. Hy was bekend as ’n goeie vriend met ’n sagte hart wat niemand ooit wou seermaak nie. Hy was lief vir grappies maak en lief vir mense. Hy was ’n stil mens en het altyd iets goeds oor almal te sê gehad.”

Hy laat sy dogter, Rialize, en sy twee klein-kinders, Joa en Marli, agter.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories