HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Swartmark bedreig tabakbedryf


   09 February 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 69   l   17 days ago  

 

Rudolf Otterman, voorsitter van Limpopo tabakprodusente, en MC Dippenaar, hoof operasionele beampte van Limpopo tabakprodusente, voor van die gevulde tabakoonde op die plaas, Du Berg, van Cobus du Toit.


’n Groot tabakboeredag het op Saterdag 31 Januarie buite Vaalwater plaasgevind om die aandag hoofsaaklik op die dreigende gevaar van die onwettige handel in tabak in Suid-Afrika te vestig.

Die boere en belangstellendes wat die dag bygewoon het, is getrakteer met ’n besig-tigingstoer na twee plase buite Alma. 

Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabacco Institute of South Africa, het tydens die boeredag voor die tabaklande van Cobus du Toit op die Alma-pad gesê Britich Ame-rican Tobacco South Africa (Batsa) vervaardig nege van die 10 sigarethandelsname in Suid-Afrika. 

Batsa is al vir langer as 100 jaar in Suid-Afrika en is tweede op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) gelys. Hulle is die toon-aangewende tabakvervaardiger van Suid-Afrika. Batsa verkoop altesame 200 siga-rethandelsname in meer as 200 markte wêreld-wyd en sorg dat R8 biljoen per jaar in die staatskas beland. Die Batsa-fabriek in Heidel-berg vervaardig ongeveer 26 biljoen sigarette vir plaaslike en internasionale markte, asook 1 400 ton snylaptabak. 

Joe Heshu, hoof van eksterne sake by Batsa, het tydens die boeredag gesê Batsa koop jaarliks 60% van die Suid-Afrikaanse tabakproduksie en koop ook 90% van die Limpopo tabakprodusente (LTP) se tabak. 

Om sake te bemoeilik, onderspring swartmarkverkope die verkoopprys weens belastingontduiking en veroorsaak dat die georganiseerde wettige tabakbedryf wat werksgeleenthede bied, groot verliese ly. 

Die regering het van 2010 nie minder nie as R27 biljoen verliese gely aan onbetaalde belasting weens die onwettige tabakhandel.

Batsa bestee jaarliks R30 miljoen aan projekte (grootliks om te bemagtig), volhoubare landbou, burgerlike lewe en MIV/Vigs. Die program vir opkomende boere is ook in die pyplyn. Daardeur wil hulle op kleinskaal 150 kleinboere ophef deur die gemeenskaplike benutting van infrastruktuur. Die insetkoste sal egter staatsondersteuning nodig hê, het Rudolf Otterman, voorsitter van LTP, aan Die Pos gesê. Hy het verder gesê onwettige tabakhandel bedreig die hele bedryf in Suid-Afrika. 

Luidens ’n verklaring wat ná die boeredag uitgereik is, is die boere se lande besig om te verbeter ná die verwoestende droogte in 2015. Hulle het egter ’n nog groter bedreiging weens die onwettige handel wat die wettige handel van hul inkomste ontneem en ook werk en die lewensbestaan in die tabakbedryf bedreig. 

Volgens Batsa word 47% van die tabakmark na raming deur onwettige verkopers beheer.

“Boere staar ontsaglike kommersiële uitdagings in die gesig weens onwettige handel wat tot gevolg het dat ons minder tabak by hulle koop. Dit veroorsaak weer om die beurt werksverliese in die hele tabakketting,  het Heshu gesê.

Meld enige verdagte aktiwiteit of produkte aan deur die Suid-Afrikaanse inkomstediens se bedrog- en teenkorrupsienommer te skakel by tel. 0800 00 28 70. Bron: Batsa

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories