HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Familie steeds sonder antwoorde ná geliefde se dood


   09 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 108   l   17 days ago  

 

Daar is nog geen antwoorde vir die familie van Charmaine Caldwell (48) van Bela-Bela wat gesterf het nadat sy glo hardhandig by die Warmbad-hospitaal behandel is nie.


Charmaine Caldwell (48) se familie wag steeds vir antwoorde van die departement van gesondheid nadat sy na bewering voor haar dood by die Warmbad-hospitaal opge-neem is en ernstige beserings opgedoen het. 

Caldwell is in Februarie verlede jaar met ’n aggressiewe soort borskanker gediag-noseer. Sy het egter verlede jaar die bestraling en chemoterapie gestaak omdat haar gesondheid versleg het en die kankertelling nie verlaag het nie, het haar familie vroeër aan Die Pos gesê Caldwell was voor haar dood bedlêend ná ’n beroerte in Desember. Volgens haar familie kon sy voor haar dood nie eet of drink nie en hulle moes haar help om medikasie teen neem en te eet.

Caldwell is van Sondag 14 Januarie tot Maandag 15 Januarie by die Warmbad-hospitaal vir verdere sorg opgeneem. 

Haar familie beweer dat hospitaalpersoneel haar laat val het terwyl sy in hul sorg was. Sy het ’n sny aan haar kop en blou kolle oor haar lyf gehad toe die familie haar die Dins-dag by die hospitaal besoek het. Leonie Brooks, Caldwell se suster het vroeër aan Die Pos gesê daar was geen water langs haar suster se bed nie, nie ’n klokkie om hulp te ontbied nie en ook nie ’n waaier nie. Sy het verder gesê haar suster het die Dinsdag steeds dieselfde doek aangehad as toe hulle haar laat opneem het en dat haar verbande nie geruil is nie. Die familie het haar teruggeneem huis toe, maar sy is ’n week later oorlede.

Die familie het ’n saak van aanranding en mishandeling by die polisie aanhangig gemaak.

Brooks het reeds ’n e-pos van die departement van gesondheid ontvang wat sê dat hulle bewus is van die klag en die depar-tement sal “help om die kwaliteit van hul gesondheidsdienste te verbeter”. Die Pos is in besit van ’n afskrif van dié korrespon-densie.

Brooks het gesê die klag is na die provin-siale hoof van gesondheid in Limpopo ge-stuur vir verdere ondersoek. Die departement het ook in hul terugvoer beloof om direk met Brooks te kommunikeer oor verdere verwikkelinge.

Sy het voorts gesê die ondersoekbeampte sal glo binnekort verdere verklarings afneem en weer met haar in verbinding tree. 

“Genoeg druk op die departement sal antwoorde bied,” het sy gesê.

Derick Kganyago, woordvoerder van die departement in Limpopo, het by navraag gesê daar is in hierdie stadium nog geen verdere verwikkelinge nie.

“Ons het die klag ontvang, maar die minister van gesondheid sal nou verder besluit wanneer ’n taakspan die navorsing ter agtergrond sal doen. Die regte prosedure sal gevolg word om uit te vind wat presies gebeur het,” het hy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories