HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Toevlugsoord se behuising opgeknap


   09 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 128   l   14 days ago  

 

Klub Helpmekaar op Modimolle se wooneenhede, Abbamekaar, en die badkamers word tans opgeknap.


Klub Helpmekaar, ’n toevlugsoord op Modimolle vir mense in nood, is besig met broodnodige herstelwerk en opgradering. 

Talle inwoners van Modimolle het die afgelope week gegis omdat die 12 inwoners briewe ontvang het wat vra dat hulle die wooneenhede, Abbamekaar, ontruim sodat herstel- en opgraderingswerk gedoen kan word. 

Volgens die brief sal die herstelwerk op Woensdag, 28 Maart deur die munisipa-liteit nagegaan word, waarna inwoners weer aansoek kan doen om die eenhede tydelik te bewoon. 

Die meeste van die inwoners is werkloos en maak staat op hul staatspensioene.

Klub Helpmekaar bied al 20 jaar lank ondersteuning aan hulpbehoewendes op Modimolle. 

Die organisasie se kantoor, waar hulle ook tweedehandse klere verkoop, is in Van Riebeeckstraat en die wooneenhede is in Bakkerstraat. 

Hulle voorsien weekliks aan 115 gesinne kospakkies en elke tweede maand klere. Die organisasie is afhanklik van donasies vanuit die gemeenskap. 

Inwoners betaal R250 tot R350 per maand vir ’n kamer. Die wooneenhede is geleë op grond wat deur die Abbatemarco-familie geskenk is en in ’n trust gehou word. 

Die Pos het ontstelde oproepe en briewe ontvang oor die inwoners wat gevra is om die wooneenhede te ontruim. Hulle is 25 dae gegee om te ontruim. 

Stephen Kloppers, die nuwe voorsitter van die hulporganisasie, het aan Die Pos gesê dat Abbamekaar slegs tydelike verblyf bied. “Ons bied mense in nood verblyf vir drie maande, waarna ons ooreenkoms met hulle hersien word. As hulle nog nie werk of ander blyplek gekry het nie, kan hulle ’n verdere drie maande aanbly. Hulle is nie veronderstel om permanent daar te woon nie en ons verduidelik dit van die begin af so aan hulle.” 

Die organisasie het intussen met al die inwoners, behalwe een, ooreengekom dat hulle kan aanbly. 

“Daar moet dringend herstelwerk aan die wooneenhede gedoen word. Al die eenhede se bedrading moet vervang word vir die inwoners se veiligheid. Ons maak nie gebruik van die munisipaliteit se rioolnetwerk nie en is self verantwoordelik vir rioolverwydering. Ons het in Desember groot probleme gehad met ’n pyp wat stukkend was. Ons moet dit ook herstel.”

Die ablusieblok kry eerste aandag. Een van die inwoners het bou-ondervinding en help met die opgradering.  Nie net is die dak vol gate en is daar skimmel aan die mure nie, maar die bedrading is onveilig. 

“Ons wil graag die plek opgradeer na ’n beter standaard,” het Kloppers gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories