HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Storm rig groot skade aan


   09 February 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 436   l   14 days ago  

 

Só lyk die Mookgophong-stadion nadat ’n rukwind op Maandag 5 Februarie, die dak beskadig het.


Die dak van die bekende Mookgophong-stadion op dié dorp is op Maandagmiddag 5 Februarie deur ’n onverwagse rukwind en storm afgeruk. 

Die stadion is voor 1994 gebou en word gereeld vir verskeie geleenthede gebruik. 

Volgens Herman Sebata, amptenaar by die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, is daar nog nie vasgestel wat die amptelike skade is nie, maar dit kan tussen R150 000 en R200 000 beloop.

Die sta-dion het twee pawiljoene wat saam 600 mense kan huis-ves. Die B-pawiljoen is die een wat die meeste skade opgedoen het. 

Die sinkdak is heeltemal afgeruk en opgefrommel. Die staalstruk-tuur is ook gebuig en sal eers herstel moet word voordat die dak herstel kan word. 

Die baksteenmuur rondom die stadion is gelukkig nie beskadig nie. 

Die stadion behoort aan die munisipaliteit en is bekend vir die sportgeleenthede van skole in Mookgophong en die omgewing. Verskeie sokkerspanne oefen en speel ook wedstryde by dié stadion. Skole gebruik dit gratis, maar die stadion word gereeld verhuur vir konserte, musiekfeeste en geestelike geleenthede. 

Die jaarlikse Mandela-sportdag word ook daar gehou. Tydens die  oproerigheid in 2016 op die dorp is die stadion ook gebruik toe die premier van Limpopo, Stan Mathabatha, die inwoners toegespreek het.

Volgens Sebata is daar reeds op Dinsdag 6 Februarie begin met die opruiming en sal die munisipale assessor die nodige stappe doen om die versekering in kennis te stel.

Burgemeester Marlene van Staden het gesê sy is hartseer oor die skade. “Die stadion word weekliks gebruik; soms elke dag van die week. Sokkerspanne oefen daar, kerkbyeenkomste word daar gehou, sangers tree daar op en die munisipaliteit gebruik dit vir gemeenskapsvergaderings,” het sy gesê. Sy het gesê dat hulle besig is om te bepaal of die stadion verseker was sodat ’n eis eingestel kan word en herselwerk so gou moontlik kan begin. 

Die storm het ook groot skade in die dorp aangerig en bome en ondernemings se advertensieborde is beskadig. Ongeveer 22 mm is op party plekke in die dorp gemeet. Die stormwater het ook die pad tussen die begraafplaas en Uitbreiding 8 versper. “Ons is nietemin baie dankbaar vir die welkome reën,” het ’n inwoner gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories