HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Spanningvolle tyd lê vir grondeienaars voor


   09 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 108   l   2 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Grondeienaars wag in spanning vir Donderdag 30 Augustus wanneer die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee terugvoer oor artikel 25 van die grondwet moet gee en sê of wetgewing verander moet word sodat grond wettig sonder vergoeding onteien mag word. 

Die ANC het op Dinsdag 27 Februarie die EFF se mosie om hierdie wetgewing te hersien, ondersteun. Dié wet handel oor eiendomsreg. 

Julius Malema, EFF-leier, het gevra dat grond op ’n wettige manier, deur die wetgewing te hersien, sonder vergoeding onteien moet word. Voorts het hy gevra dat ’n ad hoc-komitee gestig word om die wysiging te hanteer en dat die parlement openbare vergaderings moet hou om die insette van Suid-Afrikaners te kry.

Malema redeneer dat Europese setlaars swart mense se grond sedert die 1600’s ontneem het en dit moet nou aan die benadeeldes terugbesorg word. 

Hoewel daar verskillende kategorieë van grond in die land bestaan, word daar hoofsaaklik op landbougrond gefokus.

Annelize Crosby, hoof van landsake by AgriSA het aan Die Pos gesê landbou-grond beslaan ’n redelike groot opper-vlakte, maar stedelike grond kan ook deur grondonteiening geraak word.

AgriSA se onlangse grondouditverslag het aangedui dat Suid-Afrika uit 122 mil-joen ha bestaan, waarvan 93.3 miljoen hektaar beskikbare landbougrond is. Slegs 29,2 miljoen ha word deur stede, nywerheidsgebiede, regeringsinstansies, private bewaringsgebiede en nasionale parke beslaan.

Volgens ’n grondoudittabel, Eienaarskap van grond deur mense van kleur 1994-2016, saamgestel deur Johann Bornmann van Agri Development solutions (ADS) wat Crosby aan Die Pos gestuur het, behoort 13 814 336 ha landwyd aan die regering en 18 036 773 ha aan selfregerende lande, trustgebiede en die Transkei-, Bophuthatswana-, Venda-, en Ciskei-gebiede (die ou TBVC-gebiede).

Die regering het oor dieselfde termyn 2 208 031 ha vir landboudoeleindes en 641 267 ha vir stedelike ontwikkeling aangekoop, lui dié tabel. Altesame 4 373 376 ha is privaat deur mense van kleur aangekoop en 1 708 527 ha vir stedelike ontwikkeling. 

Uit die totale bogenoemde 43 554 767 ha grond, is daar slegs 388 570 ha wat mense van kleur oor hierdie tydperk aan blankes verkoop het. Dit bring die totale hoeveelheid grond wat deur mense van kleur in Suid-Afrika besit word op 43 166 197 ha te staan, aldus die tabel.

Crosby het gesê daar bestaan geen duidelikheid wat die regering bedoel rakende die soort grond wat in openbare belang onteien kan word nie. AgriSA is egter gekant teen onteiening sonder vergoeding.

“Die hele proses is polities gemotiveerd. Vergoeding is nie die werklike rede vir die stadige vordering met grondhervorming nie, maar alle eienaars van eiendom moet bekommerd wees,” het sy gesê. “Dit is nie ’n uitgemaakte saak dat die grondwetlike hersieningskomitee wel wysigings aan artikel 25 sal aanbeveel nie. Almal wat bekommerd is, moet toesien dat hulle insette lewer tydens die openbare verhoorproses.”

Die Pos het Crosby gevra of finansiële instansies in die toekoms finansiering aan eienaars van onteiende landbougrond sal kan toestaan, indien dit gewettig word.

“Dit sal waarskynlik moeilik tot onmoontlik wees om finansiering te kry. Die privaat sektor is egter baie betrokke by die ondersteuning van nuwe boere,” het sy gesê. Sy het bygesê daar is nog geen duidelikheid oor of begunstigdes van landbougrond wat uit ’n onteieningsproses (indien dit gewettig word) gaan baat, grond-, erf- of inkomstebelasting sal moet betaal nie.

* Uit die onlangse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) 2018/2019 van die Bela-Bela-munisipaliteit is die primêre landbou-aktiwiteite in die omgewing onder meer mielie-, katoen-, sonneblom- en tabakboerdery. Daar is egter ook gesê dat landbou-aktiwiteit in die munisipale gebied baie afgeneem het en toerisme het die dryfkrag van die plaaslike ekonomie geword.

As deel van die verslag maak landbou slegs 4% in die sektor-samestelling op, wat oor die laaste termyn 8,9% tot werkskepping bygedra het. Die handelsektor is egter die hoogste op 22% en het 36% tot werkskepping bygedra, lui die verslag.

Verder is ook genoem dat daar ’n tekort is aan landbougrond in wyke 4, 6, 7, 8 en 9 en dat grond in wyke 1 en 9 onwettig gebruik word, aldus die GOP.

Die finale GOP-dokument is reeds op die munisipaliteit se webtuiste beskik-baar.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories