HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Skole en AfriForum skenk water vir Kaapstad


   09 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 94   l   2 months ago  

 

Hino van Graan, hoër-skoolleerder, het deur Laerskool Warmbad se gr.7-leierskapontwikkeling-stelsel se versorging- en higiënekomitee, bokse natlappies vir mense in Kaapstad help insamel. Op die foto is die laer-skoolkomitee saam met Hino en die bokse natlappies.


Meer as 11 000 liter gebottelde water en bokse vol natlappies is onderweg na inwoners van Kaapstad vir droogtehulp nadat Hoërskool Warmbad, Laerskool Warmbad en AfriForum ingespring het met insamelings.

AfriForum het 2 000 vyf liter waterbottels vir die projek geborg en dit is deur plaaslike waterondernemings volgemaak. 

Inwoners van Bela-Bela en Modimolle het ook bygedra.

Hino van Graan, ’n gr. 9-leerder van Hoërskool Warmbad, het met die idee vorendag gekom om natlappies bymekaar te maak as ’n alternatief vir mense wat wil bad.

Die laerskool se gr.7-leierskapontwikkeling-stelsel se versorging en higiënekomitee het sedert Februarie bokse natlappies bymekaar gemaak. 

Gift of the Givers het op Dinsdag 27 Februarie ’n groot trok na die hoërskool gestuur en die leerders het ingespring om die water te help inlaai.

Hino het gesê Gift of the Givers sal waarskynlik teen Vrydag 9 Maart weer die volgende vrag skenkings in Bela-Bela kom haal en dat hy en die hoërskool baie nou gaan saamwerk.

Janes Boshoff, AfriForum se takvoorsitter op Bela-Bela, het gesê die projek is ’n goeie voorbeeld van samewerking tussen verskillende organisasies en die gemeenskap om ’n gesamentlike doel te bereik.

Vir navrae oor die skenkings, bel vir Yolanda van Graan by tel. 082 503 3810 of vir Paul Liddle, Hoërskool Warmbad-skoolhoof, by tel. 072 135 4386 of vir Cecilia Groothof, onderwyser, by tel. 079 648 0528.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories