HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Neem ons ernstig op, versoek inwonersforum


   09 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 126   l   2 months ago  

 

Die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF) wil toesien dat die Bela-Bela-munisipaliteit die inwoners van Wyk 1 meer ernstig opneem. Op die foto is Francois Jacobsz (ondervoorsitter), Daleen Steynberg (sekretaris en tesourier) en Johan Mills (voorsitter) tydens die BBTF se vergadering op die dorp.


Die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF) het vandeesweek bekendgemaak dat hulle ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het om ’n gesprek oor die dorp se benarde toestand wat betref  belastinggeld te voer en om inwoners se regte te beskerm.

Die BBTF het op Maandag 5 Maart by Laerskool Warmbad vergader. Heelwat inwoners van Wyk 1 het die vergadering bygewoon.

Johan Mills, BBTF-voorsitter, het gesê inwoners kan dit nie langer bekostig om elke jaar maar net verdere verhogings op belasting te aanvaar nie. En dit terwyl die Bela-Bela-munisipaliteit volgens hom reeds miljoene rande wanbestuur het.

“Die munisipale administrasie is onbevoeg, maar ons kan terugveg, want ons het sekere grondwetlike regte,” het hy gesê.

Wyk 1, wat die grootse deel van die dorp insluit, is volgens Mills die wyk wat jaarliks die meeste belasting (omtrent 80% van die dorp se totale inkomste) bydra.

Mills het gesê daar is verskeie opsies wat inwoners kan neem, soos om probleme by die openbare beskermer of die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) aan te meld.

“As ons terugsit, gaan ons bankrot raak, want verhoogde tariewe is die lot van ’n swak regering. “Ons het puik amptenare wat ongelukkig deur korruptes oorskadu word,” het hy gesê

Tinus Ras, DA-raadslid, het tydens die vergadering gesê Wyk 1 het baie meer mag as wat inwoners dink, maar Bela-Bela is steeds een van die duurste munisipaliteite in die land waar inwoners buitensporige bedrae vir dienste betaal.

Hy het gesê daar is egter hoop, want tydens ’n onlangse munisipale beplanningsessie is daar aangedui dat amptenare voortaan meer gereeld oor die vingers getik of afgedank sal word indien hulle ernstige foute begaan.

Belastingbetalerskuld wat tans op R129 miljoen staan en die munisipaliteit wat geen regsaksie in dié verband oorweeg nie, is egter ’n knelpunt, het hy gesê. ’n Groot deel hiervan word deur amptenare en raadslede geskuld, beweer Ras.

  • Die BBTF-bestuur bestaan uit Mills as voorsitter, Francois Jacobsz as onder-voorsitter en Daleen Steynberg as sekretaris en tesourier. Inwoners het een vir een hul hande opgesteek en aangebied om agtergrondkennis en planne na die tafel te bring.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories