HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Reuseslag toe tak breek


   09 March 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 172   l   2 months ago  

 

Die reuse-witapiesdoringboom in die Steenkamps van Mookgophong se tuin wat byna groot skade aangerig het toe ’n tak afgebreek en geval het.


Dit was ’n groot skok vir Gerhard en Marietjie Steenkamp van Mookgophong toe hulle op Dinsdag 27 Februarie ’n oproep ontvang het met die nuus dat ’n tak van die reusewitapiesdoringboom in hul voortuin gebreek en skrams op die kant van hul stoep beland het.

“Ons het die huis 10 jaar gelede gekoop omdat ons so gaande was oor die ongelooflike boom,” het Gerhard aan Die Pos gesê. Die boom het koelte aan die hele voortuin gegee. 

Die Steenkamps en hul vriende het menigmale onder dié boom gekuier en die massiewe bosreus bewonder. Dit blyk dat die kruin van die takke wat te swaar geword het, asook vroeër jare se weerlig wat die boom getref het, die oorsaak van die breek was.

Die tak wat geval het, is 2,7 m in omtrek en 90 cm in deursnee en weeg volgens Johan Koch, wat die boom gesloop het, ongeveer nege ton. Dié tak het die stoep skrams getref en sytakke het gelukkig die val gekeer sodat daar nie baie skade aangerig is nie.

 Jan Duvenhage, die Steenkamps se buur-man, het gesê dat dit aanvanklik vir hom geklink het soos iemand wat besig was om te hark, maar toe hy opstaan om ondersoek in te stel het hy iets soos ’n ontploffing gehoor en gesien hoe die reusetak tuimel.

“Gelukkig was niemand tuis nie anders het die tak ons voertuie plat geval,” het Ger-hard gesê. 

Hy het ook gesê dat die boom ongeveer 80 jaar oud moet wees. Die basis van die boom is 5,12 m in omtrek.

Die Steenkamps is baie hartseer oor die verlies van so ’n indrukwekkende deel van hul tuin en wil al hulle vriende bedank vir hulle hulp. “Die braaier wat al jare deel van ons kuiers is, het ongelukkig in die slag gebly, maar ons gaan steeds heerlik kuier. Al gaan ons beslis ons beste boom mis,” het hulle gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories