HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Teenstand oor belangrike bestuurspos


   09 March 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 283   l   2 months ago  

 

OP Sebola, die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit se munisipale bestuurder, se kontrak verstryk op 31 Maart. Hy is glo op die kortlys en kan moontlik weer aangestel word. 


OP Sebola, munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, kry teenstand teen sy moontlike heraanstelling in dié pos.  

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Dinsdag 6 Maart in ’n brief aan die munisipaliteit beswaar gemaak teen sy moontlike heraanstelling. Volgens AfriForum verskyn Sebola se naam op die kortlys vir heroorweging. 

Luidens die brief is die rede vir hul beswaar dat Sebola strafregtelike klagte vir swak munisipale bestuur en die besoedeling van waterbronne, in die gesig staar. “Sebola was ook ’n respondent in die hofsaak oor swak vullisbestuur wat AfriForum ’n maand gelede teen die munisipaliteit gewen het. Die ouditeur-generaal se verslag van 6 November 2017 bepaal verder dat die munisipaliteit se finansiële administrasie nie na wense was nie, en as gevolg daarvan het die munisipaliteit verskeie vrugtelose uitgawes gehad,” het hulle geskryf.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het aan Die Pos gesê dat Sebola, in ag genome sy rekord, nie weer in die pos aangestel kan word nie. “Dit is duidelik dat Sebola nie die welstand van die mense in die munisipale gebied op die hart dra nie. Onder sy beheer was daar wanbestuur op finansiële en omgewingsvlak wat die mense in die dorp benadeel het. Gemeenskappe is geregtig op munisipale bestuurders wat hul belange op die hart dra en omsien na hul welstand. Die gemeenskap betaal belasting en daarom versoek ons dat die raad iemand aanstel wat belastinggeld in belang van die gemeenskap aanwend.”

Marlene van Staden, burgemeester, wou nie kommentaar lewer oor die kandidate op die kortlys vir die munisipale bestuurderpos nie. “Almal op die komitee moes ’n vertroulik-heidsooreenkoms teken.” 

Sy het wel bevestig dat die kortlysverga-dering op Donderdag 1 Maart, plaasgevind het. 

“Ons is besig met die siftingsproses wat vingerafdruk- en agtergrondondersoeke inlsuit. Die tydsverloop tussen dié proses en die onderhoude is gewoonlik 21 dae indien daar geen oponthoud is nie,” het sy gesê. Sy het gesê Sebola het ’n brief ontvang dat sy kontrak op Saterdag 31 Maart verstryk. 

Die vyf komiteelede wat die aanstelling moet maak is Van Staden, as die voorsitter, Nonini Monepya, ’n EFF-raadslid, asook amptenare van die Suid-Afrikaanse plaaslike owerheidsvereniging (Salga), die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (CoGHSTA) en die provinsiale tesourie. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories