HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Skoolhoof nie met mes gesteek


   16 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 88   l   39 days ago  

 

Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad.


Vyf gewapende polisiebeamptes van die Bela-Bela-polisie het hulle op Donderdag 8 Maart na Hoërskool Warmbad gehaas nadat hulle vals inligting ontvang het dat ’n leerder glo vir Paul Liddle, skoolhoof, met ’n mes aangeval het.

“Ek was self verras toe die beamptes aan my gesê het ek is met ’n mes gesteek,” het ’n verwarde Liddle later by navraag aan Die Pos gesê. Hy het gesê hy is onbewus van so ’n “aanval”.

 “Ek het nogal geëerd gevoel toe hulle gewapen hier opgedaag het om my te beskerm en seker te maak ek is veilig. Ek wil wie ook al hierdie oefening bewerkstellig het, komplementeer, want die polisie het baie vinnig gereageer.”

Nadat die verwarring opgeklaar is, het Liddle die beamptes deur die skool geneem en hulle vir hul vinnige reaksie bedank.

Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof, het by navraag gesê iemand het die polisiestasie geskakel en beweer dat Liddle by die skool deur ’n leerder met ’n mes aangeval is. “Die persoon wat dié oproep gemaak het, kan in groot moeilikheid beland,” het Phetla gesê. 

“Dit is onwettig om die polisie se tyd en hulpbronne met vals inligting te mors. Die polisie is veronderstel om na dringende sake uit te gaan en nie op vals alarms nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories