HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Plaaslike veiligheid onder een sambreel


   06 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 98   l   17 days ago  

 

Die behoefte aan ’n opgeleide reaksiegroep vir die buurtwagte in en om Bela-Bela het tot die ontstaan van die Plaaslike veiligheidsreaksiespan (RSRT) gelei. Op die foto van links is Deon Beukes (voorsitter van die GPF sektor 1-subforum), Gerhard Olivier (noodgevalle spanleier) en Harold Spencer (beheerder van RSRT-stelsels en beleid).


Misdaadtonele en –voorvalle bly ’n teer saak, veral wanneer buurtwagte betrokke geraak het en die lede nie die toneel met die nodige voorsorg benader of hanteer het nie.

Hierdie optrede kan polisieondersoeke belemmer. Die ander kommer is dat belangstelling om deel van ’n buurtwag te wees, drasties gedaal het.

Gelukkig het ’n paar gemeenskapspolisië-ringsforumbestuurslede die behoefte raak-gesien en die Plaaslike veiligheidsreaksie-span (RSRT) is op die been gebring.

Die Pos het met GPF-lede Harold Spencer, Gerhard Olivier en Deon Beukes oor die nuwe inisiatief van die GPF-subforum gesels.

Die idee van die RSRT-buurtwag is een-voudig: Lede van verskillende buurtwagte in die omgewing word opgelei om as ’n reaksiespan op te tree wanneer ’n ernstige voorval plaasgevind het. Lede wat nie opleiding ontvang het nie, kan steeds as patrollielede optree (nie as reaksielede nie) en steeds die skakel tussen die polisie en die gemeenskap wees.

Om in pas te wees met die polisie se plaaslike veiligheidstrategie en met die hulp van AfriForum, is kursusse reeds by die Bela-Bela-polisiestasie vir belangstellendes aangebied, waar hulle onder meer geleer is hoe om misdaadtonele te benader en be-wysstukke bewaar moet word. 

“Mense het altyd verwag as jy lid van die GPF is, moet jy reageer, maar die wet maak nie hiervoor voorsiening nie. Die doel van RSRT is om al die buurtwagte by te staan en om aan die wet te voldoen wat vir reaksielede voorsiening maak om te reageer,” het die drie gesê.

Met klagtes wat ontstaan het waar die polisie te laat gereageer het of gerugte dat geen polisievoertuig ten tyde van ’n voorval beskikbaar is nie, kan RSRT ’n reaksie-rol inneem totdat die polisie opdaag.

Spencer het onder meer gesê nadat Wian Süllwald, voormalige junior Suid-Afrikaanse driekampkampioen, en sy vriende en familielede verlede jaar op sy ouers se plaas in Roodekuil aangeval en beroof is, het die behoefte aan ’n reaksiespan gegroei. Dit was lede van die Roodekuil, Turfbult en Langlaagte-buurtwag (RTL) wat tot die spoedige inhegtenisname van verdagtes, wat vermoedelik by die voorval betrokke was, gelei het.

Altesame 13 buurtwagte het al by die RSRT betrokke geraak wat Eersbewoond, Roodepoort, RTL, Radium, Droogekloof, Droogelaagte, Mabalingwe, Vogelstruispan, Turffontein, Settlers, Lehau, Bospoort en Noodhulp insluit. Die mans het beklemtoon dat al die buurtwagte se strukture dieselfde sal bly al is hulle by RSRT betrokke. Hulle het ook gesê dat ’n RSRT-buurtwag in Bela-Bela gestig sal word.

AfriForum-lede kan outomaties lidmaatskap geniet aangesien hul maandelikse ledegeld die operasionele kant van RSRT aan die gang hou. Mense wat egter nie lede van AfriForum is nie, sal gevra word om min of meer dieselfde bedrag wat lede betaal, by te dra. 

Beukes het egter beklemtoon dat mense, soos pensioentrekkers, wat nie kan bydra nie se veiligheid steeds belangrik geag sal word.

Lede kan ook self bepaal wanneer en hoe laat hulle in die omgewing patrollie wil ry. Terugvoer van patrollies word aan AfriForum deurgegee.

“Almal van ons wil ’n kultuur onder inwoners kweek waar hulle weet dat daar gestruktureerde veiligheidsgroepe is wat ernstige voorvalle hanteer.”

Olivier is die spanleier van RSRT se reaksiespan. Mense kan hom vir enige ernstige voorvalle bel by tel. 079 527 9988.

Die RSRT-webtuiste is ook beskikbaar. Inwoners kan www.cpfsect1wb.simplesite.com besoek vir meer inligting.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories