HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Warmbadtak palm eerste plekke in


   06 April 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 15   l   17 days ago  

 

Ina Joubert, beoordelaar-sameroeper van die Warmbadtak, en Linda Jacobs, voorsitter van die Warmbadtak, wat die pragtige uitstalling van die persoonlikheid van die jaar, Ina Lessing, behartig het. 


Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Soetdoringstreekkonferensie is agter die rug en die Warmbadtak se lede is gelukkig en tevrede. 

Vir die eerste keer in die geskiedenis het die tak ’n 100% bywoning by die konferensie gehad. 

Altesame 11 van die 14 lede het vir die kompetisies ingeskryf met goeie gevolg, danksy die tak se twee beoordelaars, Essa van Blerk en Ina Joubert, wat hulle duime op die lede hou. Agt van die artikels wat die Warmbadtak ingeskryf het, dring deur na die VLU Noord-kongres. 

Meisie Furter (brei, Sri Lanka-borduurwerk en masjienwerk), Rina Steynberg (vlegselbrood), Joubert (knope-collage), Rita McNear (naaldskilder: onder die SAVLU sambreel) en Michelle Lewis (masjiengemaakte sak) het almal eerste plekke behaal. Joubert het ook die pragtige uitstalling van die persoonlikheid van die jaar, Ina Lessing, behartig. 

Die Settlerstak met hul vriendelike gasvryheid, het die konferensie aangebied en terselfdertyd hul 90ste verjaardag gevier. 

Aan die Warmbadtak se Lilian Weber, streekvoorsitter, en haar bestuur, wil die res van die Warmbadtak baie dankie sê vir al hul harde werk. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories