HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Dorp groet geliefde sportondersteuner


   06 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 99   l   17 days ago  

 

At Stander (73) van Modimolle is ná ’n kort siekbed aan kanker oorlede. 


Een van die groot stemme langs die rugbyvelde in Modimolle is stil. 

Die geliefde sportondersteuner met die groot stem, At Stander, is die afgelope week ná ’n kort siekbed oorlede. 

Die 73-jarige Stander is aan kanker oorlede nadat hy die afgelope twee weke in die Montana-hospitaal en daarna in die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria opgeneem is, het sy skoonseun, Jannie Venter, aan Die Pos gesê. 

Sy skoonpa het op die dorp skoolgegaan en was ’n boukontrakteur. Hy het ook in die eiendomsmark en by Landbank gewerk en was op ’n stadium ’n winkeleienaar, het hy gesê.

“Hy was altyd langs die sportveld, of dit nou ’n o.14-spannetjie was wat gespeel het of ’n eerste span,” het hy gesê.

Stander word op Vrydag 6 April vanuit die NG Oos-gemeente begrawe. Hy laat sy vrou René, dogters Renate Leonard en Anina Venter, asook Anina se man, Jannie, en hul twee seuns Arno en Boela Venter agter.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories