HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Inwoners eis bekwame bestuurder


   06 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 741   l   17 days ago  

 

Tersius Snyman oorhandig ’n petisie, wat deur 515 inwoners onderteken is en vra vir ’n goed gekwalifiseerde munisipale bestuurder, aan Matshepo Phoka, die munisipale bestuurder van die Modimole-Mookgophong-munisipaliteit, se ontvangsdame.


Honderde inwoners van Modimolle het ’n petisie onderteken om hul steun te wys vir die aanstelling van ’n goed gekwalifiseerde munisipale bestuurder vir die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit. 

Die petisie, wat deur 515 inwoners van Wyk 12 op die dorp onderteken is, is deur Tersius Snyman, ’n inwoner, aan OP Sebola, munisipale bestuurder, se ontvangsdame, Matshepo Phoka, oorhandig nadat hy aanvanklik nie op kantoor was nie. Sy kontrak het einde Maart verstryk. 

“Die petisie poog om gekwalifiseerde persone in diens te kry vir die pos van die munisipale bestuurder, wat aktief betrokke is by finansiële bestuur, die vroegtydige betaling van krediteure en die invordering van agterstallige debiteure, asook die verskaffing van dienste soos paaie, water en elektrisiteit,” het Snyman gesê. Hulle wil ook graag ’n bestuurder hê wat die personeel doeltreffend bestuur en terugvoering aan inwoners gee.

“Ons versoek ook dat ’n gekwalifiseerde siviele ingenieur met ’n B.Ing of BSc Siviel-graad aangestel word vir die regulering van siviele take in Modimolle, Mookgophong en Vaalwater,” het Snyman gesê. 

Inwoners van die dorpe in dié munisipaliteit kla gereeld oor swak dienslewering. Die dorpe het ook verlede week rakelings beurtkrag weens miljoene se skuld aan Eskom vrygespring ná ’n ooreenkoms tussen sakelui en die kragverskaffer. 

Terwyl Snyman die petisie aan die ontvangsdame gegee het, het Sebola by sy kantoor opgedaag. Die Pos was ook teenwoordig. Hy het bruusk gesê dat hy nie petisies ontvang nie en dat dit aan sy ontvangsdame gegee moet word. Hy het daarna glo ’n dringende vergadering met Eskom bygewoon. 

  • Die raad vergader op Donderdag 12 April om ’n waarnemende munisipale bestuurder te verkies tot ’n aanstelling in die pos gemaak word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories