HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Hoe staan watersake in Vaalwater-area?


   13 April 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 23   l   10 days ago  

 

Die Suid-Afri-kaanse-weerburo lees, volgens hul webtuiste, soggens om 08:00 die reënval deur die opvanghouer leeg te maak en dan die hoeveelheid reën op te teken onder die vorige dag se datum. Vaalwater-inwoners word aangemoedig om hul eie boekhou-ding te begin en reënlesings getrou te neem.


Die Pos wou by ’n boer van die Vaalwater-omgewing hoor hoe watersake vir boere in dié omgewing staan en het daarmee saam sommer baie interessante landbounuus gekry.

Marthinus Roets, ’n boer van Vaalwater, het aan Die Pos gesê dat hulle in Januarie 35 ha aartappels geoes het. Die Roetse boer op die plaas Goedehoop, 8 km buite die dorp. Die oes moes met minder besproeiingswater as wat aartappels normaalweg nodig het, deurkom. “Dit was nie die rekordoes wat ’n boer graag sal wil hê nie, maar onder omstandighede was dit nie sleg nie.” het Roets gesê. 

Die keerwalle op Goedehoop wat onder die dorp in die Mokolorivier lê, het in die laaste week van Maart vol geloop. Die water van die Mokolo is vanuit die Dwarsloop aangevul, het Roets gesê. “Hierdie inligting is van baie groter belang vir my as die direkte reën op die grond. Die rekordhouding van reënval is egter altyd interessant, maar wat vir my van meer waarde is, is die volle omvang van die Mokolorivier se opvangsgebied, want dit is hierdie water wat deur besproeiingsboere gebruik word.” 

Limpopo het hoofsaaklik besproeiingsboere. ’n Mens sal dalk ’n paar droëlandboere met sonneblomaanplantings anderkant Roedtan vind. “Miskien sal ’n mens meer betroubare boekhouding by droëlandboere kry wat reënval aanbetref.”  

Intussen kan inwoners van die dorp dalk ’n interessante bydrae maak tot die geskiedenis van reënval in Vaalwater deur hul eie reënmeters te lees en die neerslae gereeld aan te teken.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories