HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Duisende liter water vir ‘dorstige’ inwoners


   13 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 66   l   10 days ago  

 

Yusuf Abramjee, ’n aktivis wat betrokke was by die insameling van 5 liter-waterbottels wat in Modimolle uitgedeel is, staan by ’n groep kinders wat water kom haal het in Phagameng. Foto: Verskaf


Die bekommernis oor die lae damvlakke in die Waterberg het die ore van stedelinge bereik en op Sater-dag 7 April is 50 000 liter water aan inwoners van Modimolle geskenk. 

Operation SA en die Laudium Disaster Management het dié 5 liter-waterbottels op verskeie punte in die dorp afgelaai. 

“Dié gebied het hul eie Dag Zero. Ons het gehoor dat die krane binnekort geen water sal hê nie. Ons het besluit om die water te versprei ná versoeke van die depar-tement van water en sanitasie, die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit en die plaaslike gemeen-skap,” het die aktivis Yusuf Abram-jee gesê.

Inwoners van Phagameng het tou gestaan om die 5 liter-bottels water te ontvang. Groot dele van Phaga-meng, wat Jasper uitbreiding 3, wyk 16 en uitbreiding 12 insluit, het geen watertoevoer nie en inwoners moet ver loop om water te gaan haal. Groot dele word ook gou geraak sodra die waterdruk vanaf die reservoirs laag is en is dan vir lang tye sonder water. Die waterbottels is gewild omdat dit ook as houers kan dien om water in op te gaar of mee aan te dra. 

Marlene van Staden, burgemeester, het gesê die Donkerpoortdam is sowat 23% vol en daar sal nog baie reën in die opvangsgebied moet val om die situasie te verbeter. Die dam lewer 43% van Modimolle se water en die res word deur Magalies Water en 14 boorgate verskaf. Magalies Water lewer egter nie altyd die volle kwota water nie, wat tot watertekorte lei, het sy gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories