HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Jonges trotseer Kranskop om vriendin te ondersteun


   13 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1245   l   10 days ago  

 

’n Groep vriende het besluit om Kranskop uit te klim met ’n vlag wat lui “Ons is lief vir jou Claudette” om die 22-jarige Claudette Findlay, wat met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer is, te ondersteun. 

 


’n Oudleerder van Hoërskool Nylstroom wat tans as au pair in Amerika werk, Claudette Findlay, is op 1 April met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer.

Die 22-jarige Claudette se ma, Annemarie, het aan Die Pos gesê dat Claudette na vyf kinders tussen die ouderdomme van 8 en 19 jaar omsien. Die Jones-familie by wie sy werk het haar byge-staan om uitstekende mediese sorg te kry. 

“Sy is op die oomblik in die intensiewesorgeenheid van die Benloff Children’s Hospital in San Francisco en het reeds twee chemoterapie behandelinges ondergaan,” het haar ma gesê. “Sy reageer baie positief op die behandeling en die versorging is baie goed. Sy het selfs 24 uur per dag haar eie verpleegster. Die siekte is algemeen onder kinders en 90% van hulle word gesond,” het sy gesê. 

“Baie dankie aan ieder en elk vir die daaglikse boodskappe. Sonder julle ondersteuning sou dit onmoontlik gewees het om hierdeur te kom,” het sy gesê.

’n Groep vriende van Claudette het onlangs die bekende Kranskop gaan uitklim met ’n vlag wat lui: “Ons is lief vir jou Claudette” om hul ondersteu-ning te wys. 

“Ons wou vir haar ’n bietjie liefde van die Waterberge stuur. Ons het ’n klompie vrien-de nadergehark om saam met ons Kranskop te gaan uitklim. Kranskop is ’n spesiale plek vir Claudette. Sy en haar vriende het voordat sy oorsee is een aand aand op die berg geslaap,” het Alberta van Jaarsveld, ’n vriendin van Claudette, gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories