HOOFSTORIES: •   Vlamme stuit nie bedrogondersoek   •   Inkopiesentrums nie so veilig   •   Betogings en klipgooiers hou gevaar op N1 in   •   Sydney Gregan - nie tronkstraf, vra verdediging   •   Hansies groet geliefde hoof   •   Skoolseun beseer tydens 'bakleiery'   •   Skrootwerwe in polisie se visier   •   Plaaswerkers slyp vaardighede   •   Wildehonde se gewoontes van nader bekyk   •   Bekende in wildkringe spreek jagters toe   •   Jong bulletjies wyl hul staal
 


 
 

 

Sebola kry pak in hof


   13 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 397   l   13 days ago  

 

OP Sebola.


Die stryd om die hart van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit te red, het vandeesweek in die hof gedraai. 

Henry Lubbe, bestuurder van korpora-tiewe dienste, het die voormalige munisipale bestuurder, OP Sebola, op Dinsdag 10 April in die arbeidshof in Johannes-burg, asook in die hoog-geregshof in Polokwane geklop met twee bevele in sy guns. 

Lubbe het ’n aansoek teen Sebola in die hooggeregshof ingedien en aangevoer dat Sebola onregmatig op die kortlys vir die pos as munisipale bestuurder geplaas is en sy aansoek nie aan die formele vereistes voldoen nie. Lubbe het in hofstukke aangevoer dat sy eie aansoek wel aan die vereistes voldoen het en regmatig was, maar dat hy deur ’n verteenwoor-diger van die departement van samewerkende rege-ring, tradisionele sake en menslike neder-settings (CoGHSTA) van die kortlys verwyder is en met Sebola vervang is. 

Sebola was sedert die samesmelting van Modimolle en Mookgophong die muni-sipale bestuurder. 

Hy was vantevore ook in dié pos in Mook-gophong aangestel. 

Sy kontrak met die Modimolle-Mookgo-phong-munisipaliteit het einde Maart ten einde geloop. 

Volgens hofstukke het Sebola die hof-dokument op Dinsdag 20 Maart ontvang. Sebola het Lubbe op Maandag 26 Maart op verpligte verlof geplaas. Die redes wat hy hiervoor aangevoer het, was dat Lubbe hom van “onwettige aktiwiteite” aangekla het en dat hy op onregmatige wyse inligting oor die kandidate wat gekortlys is, bekom het.

In politieke kringe is bespiegel dat dié skuif daarop gemik was om te verhoed dat Lubbe as waarnemende munisipale bestuurder aangestel word, aangesien dié pos deur ’n artikel 56-bestuurder gevul moet word. (Artikel 56-bestuurders beklee  senior poste by munisipaliteite.)

Lubbe het hom na die arbeidshof gewend en ’n dringende aansoek wat dié aksie as onregmatig bestempel, ingedien. Die arbeidshof het Lubbe gelyk gegee en sy verpligte verlof tersydegestel. ’n Kostebevel teen die munisipaliteit is ook toegestaan. 

Dit is nog nie seker wat dié bedrag beloop nie. Lubbe se prokureur wou anoniem bly. AfriForum het hom bygestaan met regskoste, het hy aan Die Pos gesê. 

Die hooggeregshof het op sy beurt bevind dat Sebola nie ’n regmatige aansoek ingedien het nie en beveel dat die aanstelling van ’n munisipale bestuurder nie mag voortgaan totdat Lubbe se meriete aangehoor is nie. 

Die onderhoude vir die munisipale bestuurderspos sou op Vrydag 13 April begin het. 

  • Patrick Shika, woordvoerder van die munisipaliteit, het by navraag gesê hulle neem kennis van die uitslag van die hofsake en die kostebevel teen die munisipaliteit. Marlene van Staden, burgemeester, het gesê sy kan nie kommentaar lewer oor die saak nie, omdat sy nog nie die hofstukke onder oë gehad het nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories