HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Skuld op ou pype en druk gepak


   20 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 82   l   31 days ago  

 

Die ou asbeswaterpype in Bela-Bela is waarskynlik die rede waarom pype gereeld in die omgewing bars. Die Bela-Bela-munisipaliteit sê sodra al die ou pype vervang is, sal dié probleem iets van die verlede wees. Op die foto is een van die gebarste pype op die hoek van Gilfillanlaan en Reitzstraat.


Boodskappe van “nóg ’n pyp wat in die dorp gebars” het, het die afgelope tyd gereeld op die Bela-Bela-noodgroepe die ronde gedoen.

Inwoners het hul bekommernis uitgespreek dat indien die skade nie spoedig herstel word nie, die dorp ’n waterkrisis in die gesig staar.

Daar was die afgelope week kort-kort huishoudings op die dorp wat nie water gehad het nie weens gebarste pype.

Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê munisipale werkers vervang al geruime tyd die ou asbeswaterpype in die dorp met nuwes. Die projek duur al meer as ’n jaar en word met ’n munisipale waterinfrastruktuurtoelaag be-fonds.

Mosito het gesê die pype bars aanhoudend omdat dit weens ouderdom verbrokkel. Die ander rede is glo omdat die ou pype nie die lugdruk van vloeiende water van die reservoirs kan hanteer nie. 

“Sodra dié pype oral vervang is, sal pype wat bars hopelik iets van die verlede wees,” het hy gesê.  

“Ons kom egter deesdae agter dat inwoners bo-oor munisipale pype en elektriese kabels op hul eiendomme aanbou, wat die bougrense oorskry. Dit veroorsaak probleme aangesien munisipale werkers nie die stukkende pype of kabels kan bereik nie. Inwoners word gewaarsku om nie hierdie wet te oortree nie.” 

Tinus Ras, DA-wyksraadslid in wyk 1, stem saam dat lugdruk die pype moontlik kan laat bars. Dit gebeur glo soggens wanneer die dorp se water vanaf die reservoirs oopgedraai word, het hy gesê.

Volgens hom is die projek om die pype te vervang veronderstel om sowat 86 km pypleidings te beslaan. ’n Kwart van hierdie afstand is glo tot dusver voltooi en die projek kan nog vir twee jaar voortduur, het Ras gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories