HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Waardasierol nou vir besigtiging gesluit


   04 May 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 33   l   17 days ago  

 


Die besigtiging van die eiendomswaardasierol in Mookgophong het op Maandag 30 April gesluit. 

Volgens Philip van Staden, AfriForum se voorsitter in die dorp, het baie inwoners nagelaat om seker te maak van hul eiendomme se nuwe waardasies.

Volgens Corrie Schalkwyk, projekbestuurder, is die waardasierol op 31 Januarie aan OP Sebola, vorige munisipale bestuurder, oorhandig, geteken en beskikbaar gestel. “Inwoners wat nie saamstem met die waardasie van hul eiendom nie, kan beswaar aanteken en dan sal die waardasie heroorweeg word. ’n Onafhanklike waardeerder sal die herwaardasie behartig,” het hy gesê. 

Volgens Schalkwyk was daar moontlik foute op die waardasies wat in 2013 gedoen is. 

Die nuwe rol sou van 1 Maart tot 30 April beskikbaar wees, maar is eers op Vrydag 9 Maart beskikbaar gestel vir besigtiging.

Van Staden het op Donderdag 22 Februarie ’n skrywe namens AfriForum aan Sebola gerig oor die waardasies wat gedoen is. 

In dié skrywe bevraagteken hy onder meer die bevoegdheid van die waardeerder. 

Volgens Van Staden is daar ook geen datum vir waardasies bekendgemaak nie. “Die enigste advertensie is op Dinsdag 13 Februarie in die provinsiale Gazette geplaas, maar niks in die plaaslike media nie,” het hy gesê.

Volgens Van Staden het Sebola nie op die skrywe, wat per hand gegee is, gereageer nie. Sebola se kontrak as munisipale bestuurder het intussen ten einde geloop.

Inwoners het voorts ’n versoek gerig dat die besigtiging tot Donderdag 31 Mei verleng moet word, maar Marlene van Staden, burgemeester, het aan Die Pos gesê dit kan nie verleng word nie aangesien die waardasies op 1 Julie geïmplementeer moet word. Besware kan steeds ingedien word.

Schalkwyk het gesê die wet vereis nie dat fisieke inspeksies van eiendomme gedoen moet word nie, maar dat lugfoto’s en videomateriaal gebruik kan word. Dié stappe is volgens hom gevolg.

Die proses om beswaar en appèl is gratis. Schalkwyk het bevestig dat die waardeerder daarop moet reageer. Indien daar ooreengekom word op ’n waardasie, word dit reggestel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories