HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Raad verdaag kort ná stemming


   04 May 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 30   l   17 days ago  

 


Die raadsvergadering van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit wat op Woensdag 25 April gehou is, het onverwags geëindig ná ’n stemming oor die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder. 

Die vergadering, waar verskeie belangrike onderwerpe bespreek sou word soos die aanpassings- en midjaarbegroting, wat volgens Marlene van Staden, burgemeester, reeds ingedien moes gewees het,  is gekenmerk deur ’n oor-en-weer onderbrekery en stryery. 

Dingaan Motshwene, speaker, moes die gehoor op die galery waarsku dat indien hulle aanhou skree, hulle gevra sou word om die vergadering te verlaat. Die gehoor het van die raadslede beledigend uitgejou. 

Raadslede het gestem oor ’n voorstel dat die departement van samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings (CoGHSTA) ’n waarnemende munisipale bestuurder sekondeer teenoor die voorstel dat CoGHSTA iemand sekondeer, maar dat Henry Lubbe, bestuurder van korporatiewe dienste, waarneem totdat dit gebeur.  

Raadslede het kommer uitgespreek dat talle van die prosesse in die munisipaliteit tot stilstand kom terwyl daar nie ’n waarnemende bestuurder is nie.

Die eerste opsie het die meerderheid stemme van die ANC- en EFF-raadslede ontvang terwyl die DA en VF Plus vir die tweede opsie gestem het.  

Motshwene het skaars aangekondig dat CoGHSTA gevra sal word om iemand te sekondeer, toe DA-raadslede opstaan en begin uitloop. Hulle het daarop aangedring dat dit teen munisipale wetgewing is om met ’n raadsvergadering voort te gaan sonder dat daar ’n munisipale bestuurder is. Dit het groot ontsteltenis by die ANC en EFF besorg, wat bly sit het. 

Die vergadering het daarna verdaag. 

Volgens Van Staden sal daar nou gewag word vir ’n sekondant. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories