HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Nog stygings in Bela-Bela-begroting


   04 May 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 39   l   17 days ago  

 


Die Bela-Bela-munisipaliteit is besig om met die onderskeie wyke in die omgewing te vergader om insae te kry oor die nuwe beoogde 2018/2019-munisipale begroting wat op 1 Julie in werking tree.

Wetgewing bepaal dat inwoners hierdie vergaderings verkieslik moet bywoon en aandui of hulle die nuwe heffings aanvaar of teenstaan.

Hier volg van die uittreksels uit die beoogde begroting:

  • Diensverskaffers word op ’n roterings-grondslag aangestel. Die neiging om een diensverskaffer vir ’n paar verskillende dienste aan te stel, moet uitgeskakel word om plaaslike onderne-mings ’n kans te gee om ook dienste te kan lewer.
  • Die munisipaliteit beoog om in die ko-mende termyn R405 326 851 op operasionele uitgawes te bestee. 
  • Die verwagte inkomste van R412 999 074, wat regeringstoelaes insluit, behoort dié uitga-we te dek.
  • Die kapitale uitgawes word bereken op R90 625 000.
  • Altesame R128 936 000 word voorsien vir munisipale werkers se salarisse en R7 769 000 vir raadslede. Dit is ’n 7% styging vir die werkers en ’n 6% styging vir raadslede.
  • Eiendomsheffings styg met 5,3%.
  • Vullisverwydering en sanitasie styg met 5,3%. 
  • Waterheffings styg met 11,2% omdat Magalies Water se tariewe gestyg het.
  • Kerke, huishoudings, skole, welsynsorganisasies en staatshospitale sal R69,47 per watermeter betaal en sake-ondernemings, regeringsinstansies, hotelle en oorde betaal R104,21 per meter.
  • Kragheffings styg met 6,84% wat deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) goedgekeur is. 
  • Alle huishoudings betaal slegs vir hul kraggebruik. Ondernemings en industrieë sal bykomend tot hul kraggebruik, ’n basiese-, asook ’n kapasiteitsheffing op krag betaal. Geen syfers oor landbougrond is in dokumente bekendgemaak nie.
  • Hulpbehoewendes (indigents) wat kwalifiseer vir gratis munisipale dienste, is mense wie se totale inkomste per huishouding R3 200 of minder is. Hulpbehoewendes kry ná 1 Julie 6 kl water, 50 kWh krag, 100% subsidie op heffings en gratis vullisverwydering.
  • Alle residensiële eiendomme ontvang ’n korting van R50 000 op die markwaarde van hul eiendomme met ’n bykomende korting van 10%.
  • Hulpbehoewendes word gevrywaar van enige eiendomsbelasting.
  • Landbougrond wat slegs vir residensiële doeleindes gebruik word, ontvang ’n korting van R50 000 op die eiendom met ’n bykomende korting van 30%.
  • Bona fide-boere ontvang 55% korting.
  • Die munisipaliteit sal ’n bykomende 30%-korting aan pensioentrekkers en ge-stremdes toestaan, kragtens die eiendoms-belastingbeleid.

Die munisipaliteit het reeds Wyk 2 en Wyk 6 met die nuwe begroting vir kommentaar besoek. 

Wyk 1 se begrotingsvergadering vind op Donderdag 3 Mei by Laerskool Warmbad plaas.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories