HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Geliefde ma en ouma van Bela-Bela oorlede


   17 May 2018   l   Keina Swart    l   Views: 1381   l   4 days ago  

 

Marlene Humphries.


Marlene Humphries (73), ’n jarelange inwoner van Bela-Bela, is vandeesweek oorlede nadat sy sewe maande gelede met longkanker gediagnoseer is.

Sy en haar man, Willem (75), het vanjaar hul 53ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar het albei op die dorp grootgeword en skoolgegaan, waarna hulle later saam Humphries Boerdery opgebou het.

Drie van die egpaar se vier seuns is steeds by dié bekende varkboerdery op Buyskop buite die dorp betrokke. 

Die skoondogters is dit almal eens dat Marlene nie net ’n skoonma vir hulle was nie, maar ook ’n waardevolle vriendin met wie hulle alles kon deel. 

Marlene was baie lief vir die wildtuin en kamp en haar kinders was haar trots. “Sy was ’n wonderlike ouma vir haar kleinkinders en was ’n bok vir sports wat sommer saam met hulle met ’n branderplank in die see sou baljaar.”

Sy is in Oktober verlede jaar met kanker gediagnoseer, waarna haar gesondheid vinnig agteruitgegaan het. Sy was in en uit die hospitaal maar het die laaste twee weke tuis in Bela-Bela deurgebring.

Haar roudiens is op Saterdag 19 Mei om 10:00 vanuit die NG Moedergemeente in Bela-Bela.

Marlene word oorleef deur haar man, Willem, en vier seuns en skoondogters: Stephen en Marina van Pretoria, en Kobus en Jackie, Lourens en Tracy en Willie en Christine — almal van Bela-Bela. Sy was ook die trotse ouma van nege kleinkinders.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories