HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Marieta se smullekker kaaskoek


   04 August 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 162   l   3 months ago  

 


Marieta Zeelie van Bela-Bela het met al die jare toe sy agter die kospotte gestaan het by die ou Bosveld Galery op die Modimolle-pad buite Bela-Bela, baie geduld en kookvernuf geleer.

Sy lei deesdae ’n minder stresvolle lewe nadat die galery verkoop is en deel graag haar kaaskoek-wenresep met Die Pos.

 

Bestanddele:

  • 45 ml gelatien, opgelos in 300 ml kookwater
  • 2 pakkies tennisbeskuitjies
  • 3 blikkies kondensmelk
  • 3 houertjies gewone gladde maaskaas (250 g x 3)
  • 3 houertjies vars room (250 ml x 3)
  • 500 ml lemoensap

 

Metode:

1. Klits die room totdat dit dik is.
2. Gooi die maas-kaas en kondens-melk by en klits goed. Gooi die lemoensap by en klits die gelatien laastens by.
3. Pak die beskui-tjies in die panne, gooi die mengsel in en laat dit oornag in die yskas staan.
4. Dien op met bo-laag van jou keuse. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories