HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Heerlike poeding in ’n japtrap


   22 September 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 132   l   2 months ago  

 

Beverly Buchholz van Laerskool Alma deel haar wenresep vir ’n vinnige nagereg met Die Pos se lesers.


Beverly Buchholz is ’n raakvat boervrou wat by Laerskool Alma skoolhou en tussendeur vir haar man, Wiehan, se jagkliënte kos kook. 

Sy het haar “10 minute nagereg” soos sy dié wenresep noem, met Die Pos gedeel. 

Bestanddele: 

  • 1 blikkie kondensmelk  
  • 500 ml jogurt (volroom of laevet in enige geur) 
  • 1 pakkie koekies van jou keuse vir die kors 
  • Gesmelte margarien (vir die kors)
  • Vrugte of gebreekte koekies vir versiering

Metode:

  • Maak die koekies fyn en meng dit met die gesmelte margarien. Druk die koekies teen die bodem van ’n mikrogolfoondtertbord vas. 
  • Meng die kondensmelk en jogurt en giet dit bo-oor die koekiekors.
  • Plaas die tert vir 3-4 min in mikrogolfoond. 
  • Haal uit en versier (vrugte of gebreekte koekies laat dit altyd mooi lyk).
  • Plaas die tert vir twee uur of langer in die yskas en bedien. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories