HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Spinasie-en-fetaquiche met ’n verskil


   06 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 10   l   46 days ago  

 

Hettie Pretorius van Peet se Padstal buite Bela-Bela het ’n smaaklike spinasie-en-fetaquicheresep met Die Pos gedeel. Sy is g’n vreemdeling as dit by kosmaak kom nie. By haar is haar man, Peet.


Hettie Pretorius van Peet se Padstal buite Bela-Bela is in die omgewing bekend vir haar liplekkerresepte.

Sy het hierdie spinasie-en-feta-quiche-resep van Annelien Pienaar, skrywer van Boerekos met ’n Twist, met Die Pos ge-deel.

“Dit is vinnig en maklik. Die geure is eenvoudig — tog uniek. Elke keer dat ek hierdie dis voorsit, kan die mense nie ophou vra vir die resep nie,” het Pretorius gesê.

Bestanddele:

  • 1 blikkie roommielies
  • 125 ml room of melk
  • 6 eiers, geklits
  • ½ koppie ham, gekerf
  • 3 eetlepels koekmeel
  • 3 eetlepels botter
  • 1 koppie spinasieblare, reeds verwerk
  • ½ koppie fetakaas in blokkies of wiggies gesny
  • ½ koppie gerasper cheddarkaas of bloukaas
  • Sout en peper na smaak
  • ½ teelepel knoffel (opsioneel)

Kors:

  • 1 koppie gerasper cheddarkaas
  • 1 koppie botter — gerasper
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel rooipeper

Metode:

1. Klits die eiers en koekmeel goed saam.
2. Meng dan al die bestanddele saam.
3. Vir die kors: Meng al die bestanddele saam en vryf die mengsel met die vingerpunte sodat die botter fyn opgebreek kan word.
4. Plaas in gesmeerde pan en voeg die vulsel in die kors en bak.
5. Bak teen 180°C vir 35-40 minute, of totdat die middelste gedeelte geset het.

Vir ’n unieke variasie kan die vleis met gerasperde knoffelpolonie vervang word, of met gaar spek of vis soos skelvis of snoek. Die groente kan ook met aartappel of hoenderfilette vervang word en vegetariërs kan dit met kaas (soos halloumi) of tofoe vervang.

Die spinasie kan ook met aspersie, botterskorsie, rooi uie, sampioene of murgpampoentjies vervang word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories