HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Koue sop vir die somer


   24 November 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 11   l   57 days ago  

 

Daleen Vermaak van Vaalwater deel haar broccoli-sopresep met Die Pos se lesers.


Daleen Vermaak van Vaalwater is ’n ma van drie dogters en het twee kleinseuns en weet presies wat gesond is vir haar gesin.

Sy het haar spesiale koue broccoli-sop met Die Pos gedeel. “Ek glo dat gesond eet die beste manier is en wil my kleinseuns van kleins af leer wat lekker is,” het sy vertel. 

Bestanddele:

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 700 g broccoli 
  • 500 ml groenteaftreksel 
  • 375 ml room 
  • Sout en varsgemaalde swartpeper 
  • Knoffel

Metode: 

  1. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol, voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynend.
  2. Voeg broccoli en aftreksel by en sit die kastrol se deksel op. Laat dit prut totdat die broccoli sag is. Verwyder die kastrol van die hitte en laat dit afkoel.
  3. Plaas die broccoli-mengsel in ’n voedselverwerker en verpulp tot glad. Gooi dit uit in ’n bak en voeg room by. Meng dit goed deur en geur met sout en peper.
  4. Plaas die sop in die yskas tot dit benodig word. Skep dit dan in sopbakkies uit en drup ’n paar druppels olyfolie bo-op vir afronding. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories