HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Sjokoladepoeding vir die soettand


   13 April 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 3   l   10 days ago  

 

Jo-Anne Potgieter van Mookgophong het haar heerlike sjokoladepoeding-resep met Die Pos se lesers gedeel.


Jo-Anne Potgieter se gesin en vriende is versot op haar heerlike sjokoladepoeding en sy kan dit al met toe oë bak. 

Sy bedien dié nagereg warm met geklopte room, roomys of vla.

Potgieter woon die afgelope tien jaar in Mookgophong. Sy is in Nairobi, Kenia, gebore en het op sewejarige ouderdom saam met haar ouers na Suid-Afrika ver-huis. Haar ouers het toe by Trichardtsdal geboer en later ook buite Hoedspruit. Sy het in Tzaneen skoolgegaan en aan Hoërskool Capricorn in Polokwane gematrikuleer.

Om te bak is vir haar ’n passie. Sy het ook ’n koffiewinkel in Tzaneen gehad voordat hulle Mookgophong toe verhuis het. Die sprankelende vrou is kunstig, geniet dit om te skilder en iets uit niks te skep. Haar laatlam is nou in gr. 8 en sy is ’n ouma van sewe.

Gebakte sjokoladepoeding

Bestanddele:

Deeg:

  • 60 ml margarien (gesmelt)
  • 175 ml suiker
  • 1 eier geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml koekmeelblom
  • 20 ml kakao
  • 2 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 175 ml melk

Sous:

  • 300 ml kookwater
  • 250 ml bruinsuiker
  • 25 ml kakao

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 160° C. 
  2. Klits die margarien en suiker goed saam. Voeg die geklitste eier en geursel by. 
  3. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die suikermengsel. 
  4. Skep in ’n gesmeerde bakskottel. 
  5. Meng al die sousbestanddele en kook ’n paar minute lank. Giet versigtig oor die deegmengsel. 
  6. Bak vir 30 minute en sit warm voor.

Mikrogolfmetode:

  1. Meng die deeg soos aangedui. 
  2. Maak die sous. Mikrogolf dit vir twee minute teen 100% krag, meng goed en mikrogolf dit vir nog drie minute teen 100% krag. 
  3. Giet sous oor die deeg en mikrogolf dit vir 10-12 minute teen 70% krag. 
  4. Bedek die poeding sodra dit uit die oond kom en laat dit drie minute stol.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories