HOOFSTORIES: •   Vreugde én trane ná reën   •   Werkers sluit burgemeester en ander hoës toe   •   Modimolle in duister na goeie reën   •   Beware of 'police officers'   •   Suid-Afrika siek en sat vir plaasaanvalle   •   Terug skool toe vir oud-onnie   •   Kinders veilig ná gru-ongeluk   •   Misdaad op Bela-Bela styg   •   Dorp se uitdagings bespreek   •   Hekelkoningin kuier op Vaalwater   •   Jagter nie meer voor vir moord   •   Matrieks op die loopplank   •   Hinderniswedloop ’n eerste   •   Motorfietsryers durp lang pad aan teen plaasmoorde   •   Bekende wedloop om die draai
 

 
 

 

Skool vier 107de verjaarsdag


   11 August 2017   l   Carina Bester    l   Views: 48   l   2 months ago  

 

’n Paar gr. 4-leerders het uitbundig in die lug gespring ter viering van Laerskool Eugène N. Marais se 107de verjaarsdag.


Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong het op Donderdag, 3 Augustus, hul 107de verjaarsdag gevier. 

Dié skool het ’n ryke geskiedenis. Naboomspruit Laerskool — soos die skool bekendgestaan het — is op 3 Augustus 1910 deur meester Kromhout met ’n klompie kinders in ’n sinkvertrek begin. 

Daar was selfs in die vroeër jare departementele donkies wat gebruik is om die kinders skool toe te neem, het Charl Weideman, skoolhoof, vertel. Met die lees van die geskiedenis van die skool, is dit duidelik dat die onderwysers en leerders wat oor die jare aan die skool verbonde was, nooit teruggestaan het vir harde werk nie. Die onderwysers en leerders het talle kere self ingespring om te bou of tuin te maak en het ook hard gewerk om fondse in te samel. Daar is ook heerlike konserte gehou, skoolreise na verskeie plekke en selfs ’n waatlemoenfees is gehou.

Die waterprobleme wat inwoners van die dorp vandag beleef, is egter nie ’n nuutjie nie. Die skool het in die 1970’s ’n ernstige watertekort gehad en leerders moes hul eie water van hul huise af bring vir gebruik.

Die skool se naam is in 1976 na Laerskool Eugène N. Marais verander en die naamsverandering is saam met die 100 jaar feesviering van onderwys in Transvaal gehou. Die skool het in 2010 ook sy 100ste bestaansjaar gevier. 

Die skool het vanjaar op Vrydag, 4 Augustus, ’n bring en braai gehou om hul Fox-projek af te sluit en ook om die skool se verjaarsdag te vier. Groot pryse is met die skool se Fox-projek gewen en die prystrekking is ook tydens die braai gedoen. Ricardo Dias het die eerste prys, ’n Challenger-sleepwaentjie, gewen, Rupert Jordaan het die tweede prys, ’n blouwildebees- en skaapkarkas gewen, Dirk Nortman het die derde prys, ’n jaar se braaivoorraad, Mariette Thomson, het die vierde prys, ’n naweek weg vir vier mense op Nuanetzi Wildplaas en John Williams het die vyfde prys, 52 sakke houtskool en vyf bokse vuuraanstekers gewen. 

Die geraamde waarde van die eerste prys is ongeveer R10 000, die tweede prys ongeveer R6 000, derde prys ongeveer R4 150, vierde prys ongeveer R3 000 en die vyfde prys is ongeveer R2 800 werd, het Weideman gesê.

Weideman het aan Die Pos gesê dit was ’n mooi geselligheid en dat die skool graag die borge vir die pryse wil bedank. Veral Johan Hoffman wat die eerste prys geskenk het, asook Marsel van Brakel wat die Fox-projek moontlik gemaak het en wat ook die derde en vyfde pryse geskenk het. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories