HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Só leer hulle speel-speel om syfers maklik baas te raak


   11 August 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 64   l   4 months ago  

 

Montaiga van der Schyff en William Thompson pak een van die uitdagings in die “Speed dating for your brain” speletjie aan. 


Mense wie se harte warm vir wetenskap en syfers klop, moenie die “Speed dating for your brain”-speletjie wat binnekort op Modimolle aangebied word, misgeloop nie. 

Nasionale wetenskapsweek het op Saterdag, 5 Augustus, afgeskop. Kopkrappers word van 11-13 Augustus by die Modi Mall op die dorp aangebied in dieselfde formaat as die gewilde “speed dating”-konsep. Dit is gemik op alle ouderdomsgroepe en is ’n inisiatief van die departement van wetenskap en tegnologie en ’n bankgroep. 

Die doel van die speletjie is om wetenskap, tegnologie en ingenieurswese gewilder te maak.

Deelnemers aan die speletjie beweeg tussen ses hokkies waarin hulle prettige en opvoedkundige wetenskapsgebaseerde take moet afhandel. Sodra die klok lui, moet deelnemers aanbeweeg na die volgende hokkie. 

Vanjaar se tema is die bevordering van wetenskaptoerisme. “Speed dating for your brain” is gebaseer op van die land se top toeriste-aantreklikhede en die wetenskap daaragter. 

Die idee met die speletjie is om wetenskap toeganklik te maak vir die deursneemens en om die gehalte van onderrig vir jong mense te verbeter. 

“Speed dating for your brain” skop op Vrydag, 11 Augustus, om 10:00 af. Vir meer inligting, skakel tel. 

072 910 9910.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories