HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Jong entrepreneur maak Vaalwater soeter


   20 October 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 80   l   3 months ago  

 

Charné Verster (11) is ’n jong entrepreneur van Vaalwater wat kolwyntjies bak en verkoop.


Charné Verster van Vaalwater het as 11-jarige reeds groot drome en begin al vroeg om daaraan te werk. 

“Laerskool Vaalwater het in Augustus ’n projek van stapel gestuur sodat leerders op Vrydae items by die skool kan ver-koop. 

Ma en dogter moes koppe bymekaar sit en Charné het besluit om kolwyntjies te maak,” het Susan Verster, Charné se ma, gesê.

“Ek het dit so geniet om die kolwyntjies te bak, versier en te verkoop dat ek besluit het dit is wat ek eendag wil doen,” het Charné gesê.

Die jong entrepreneur het aan Die Pos vertel dat sy al haar sakeplanne opgetrek het en lekker lugkastele bou. 

Aangesien werk so skaars is, begin sy nou al planne beraam om eendag haar eie onderneming te besit. 

“Ek bak en versier alles self, my mamma help net as die bestellings te groot word of in die eksamen,” het Charné gesê. Haar tannie Petro Geldenhuys van Pretoria is haar bemarker. Charné neem self die be-stellings en behar-tig self haar aflewe-rings.

Sy dink ook daaraan om ander lekkernye saam met haar kolwyntjies te verkoop.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories