HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Blink toekoms vir Warrie-matrieks


   12 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 105   l   10 days ago  

 


Hoërskool Warmbad kan baie trots wees op hul 97,36% slaagsyfer vir 2017 se matrikulante.

Volgens statistieke wat die skool vrygestel het, het 114 leerders die nasionale eksamen afgelê. 

Altesame 54 leerders het gekwalifiseer om vir ’n universiteitsgraad te gaan studeer, 51 vir ’n diploma en ses vir ’n hoër sertifikaat.

Daar was veral 13 Warries wat uitgestaan en die onderskeidings ingepalm het.

Lize de Jonge het sewe onderskeidings behaal, Kholofelo Mahapa ses, Sharon Jacobsz vier en Suné Germishuys, Jovan Blignaut, Bernadette Brits en Maseka Kutumela elk drie. Ses ander leerders het twee onderskeidings elk verower.

Lize het aan Die Pos gesê sy is verlig dat 2017 agter die rug is. Haar planne vir die jaar is om aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) vir ’n BSc-graad te studeer wat die pad vir ’n moontlike me-diese loopbaan kan oopmaak.

“Die nuwe gr.8’s sal skaars hul oë uitvee dan bevind hulle hulself in matriek. Die goeie herinneringe wat ek van die skool sal onthou, is die interhoër, hokkie, spanaktiwiteite, die groot geraas en die groot brag,” het sy gesê.

Kholofelo het gesê sy gaan in Februarie aan die Universiteit van Pretoria ’n BCom-graad in rekeningkunde aandurf.

“Ek is net bly die eksamen is verby, maar ek het baie pret deur die jaar gehad toe ek ’n rasieleier was en gekies is vir die uitvoerende komitee (UK).”

Paul Liddle, waarnemende hoof van die skool, het gesê die personeel het deur die jaar baie goed saamgewerk en leerders het hul kant gebring.

“2018 is die jaar waarna ons almal kan uitsien, want daar is ruimte om te bou. Die skool se bekendstellingsnaweek vir die nuwe leerders om deel van ons Warries-familie te word, sal die perfekte platform wees. Ons sê veral dankie aan die UK- en gr. 8-voogde wat ’n deeglike rol met die voorbereiding daarvan gespeel het,” het hy gesê.

“Ek weet dat elke kind wat hier gaan instap se naam in die skool se bestaan ingegraveer sal word. 

“Elke leerder het ’n naam en is nie net ’n nommer nie. Ek wil graag ook die ouers wat ons gekies het, gelukwens. Ek onderneem dat ons die ouers en leerders se lewens- drome — met God as die middel- en vertrekpunt — ’n werklikheid sal maak.”

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories