HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Hansies baie tevrede met goeie uitslae


   12 January 2018   l   Carina Bester    l   Views: 107   l   6 days ago  

 

Anthony Tomsett van Hoërskool Hans Strijdom het drie onderskeidings be-haal en gaan natuurbestuur aan die Centurion Akademie studeer. 


Hoërskool Hans Strijdom se matrieks het uitstekend tydens die nasionale eindeksamen presteer. 

Die 2017-matrieks en onderwysers van dié hoërskool kan met reg trots wees aangesien meer as die helfte (58%) van die matriekgroep universiteitstoelating ontvang het en 40% het toelating om ’n diplomakursus te voltooi. Altesame 37 vakonderskeidings is behaal en die skool het ook ’n 95% slaagsyfer behaal. 

Nico Genis is die Hansies se toppresteerder en het agt onderskeidings behaal. Nico gaan meganiese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer en het aan Die Pos gesê hy gaan veral die aktiwiteite van die skool soos die sport en kultuur mis. “Moenie agter raak met jou werk nie en werk hard wanneer dit nodig is,” is Nico se raad aan vanjaar se matrieks.

Anneri Gravett het sewe onderskeidings behaal. Sy gaan BSc. Gesondheidwetenskap en biokinetika aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer waar sy ook vir die universiteit aan sewekamp gaan deelneem.

Anthony Tomsett en PJ Botha het elk drie onderskeidings behaal. Anthony gaan natuurbestuur aan die Centurion Akademie studeer en is ook tans besig met sy helikopterlisensie. PJ gaan sy geoktrooieerde rekenmeester-graad aan Unisa studeer en werk reeds by Forsman en Vennote op Mokopane. 

George Klopper, hoof van die Hansies, het gesê die matrieks se harde werk het vrugte afgewerp. “Diegene wat van die rekord- tot eindeksamen hard gewerk het, het goeie resultate behaal. Ek wens elkeen sterkte toe vir die toekoms en glo en vertrou julle sal die regte besluite neem.”

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories