HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

’n Toebroodjie in die kosblik laat kinders glimlag


   26 January 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 179   l   28 days ago  

 


Daar is niks fout met ’n goeie ou toebroodjie nie! Of dit nou grondboontjiebotter-en-stroop of Marmite is, dit gee energie vir die skooldag wat voorlê. 

Onthou dat volgraan ’n gesonder keuse is as witbrood. Om te keer dat jou kind moeg raak vir ’n voorspelbare toebie, kan jy smere en konfyt afwissel met spesiale vulsels soos:

  • ham en kaas 
  • kaas en tamatie (om te verhoed dat die broodjie sopperig raak, krap die sap en pitte van die tamatie uit voor dit skywe gesny word. Moet dit nie direk op die brood pak nie.)
  • hoendermayonnaise met uie, agurkies of komkommer 
  • gegeurde of kerriemaalvleis
  • eier, en mayonnaise
  •  tuna, mielies en mayonnaise
  • poeierbiltong
  • spek en roereier
  • boeliebief, uie en eier
  • skyfies wors of Russiese worsies gemeng met mayonnaise of blatjang.
    Dieselfde vulsels voel sommer weer nuut as die brood met ’n broodrolletjie vervang of ’n roosterbroodjie daarvan gemaak word. 
  • Vries koeldrank of water die aand voor die tyd. Dit sal ontdooi en teen speeltyd koel wees.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories