HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Groot driekampbyeenkoms hierdie Saterdag


   11 August 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 139   l   6 months ago  

 

Die 5150-driekampbyeenkoms vind op Saterdag, 12 Augustus, by Forever Resorts op Bela-Bela plaas. Op die foto is die atlete tydens verlede jaar se wegspring.


Die jaarlikse Standard Bank 5150-driekampbyeenkoms vind op Saterdag, 12 Augustus, by Forever Resorts op Bela-Bela plaas.

Atlete swem vanjaar 1,5 km by Forever se ski-dam, ry 40 km fiets op die Alma-pad buite Bela-Bela en hardloop dan 10 km deur Forever Resorts. 

Verkeer sal vir die duur van die wedloop in dele van Robertsonstraat, Groblerlaan, Moffat- en Lunaweg, asook op die Alma-pad vertraag word.

Verlede jaar se manswenner was Travis Johnston wat die driekamp binne 01:59:13 voltooi het en die vrouewenner, Andrea Steyn, het in 02:14:31 klaargemaak. Inskrywings vir die naweek se byeen-koms het reeds gesluit.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories