HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Geen vis veilig as pa en dogter lyne ingooi


   06 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 110   l   2 months ago  

 

Corrie Janse van Rensburg het ’n 11de plek behaal nadat hy dié karp van 7,1 kg tydens die Bosveld-karpbonanza by die Roodekoppiesdam naby Brits uitgetrek het.


’n Pa en dogter van Modimolle het ’n produktiewe paar dae agter die blad nadat hulle die afgelope naweek aan die Bosveld-karpbonanza by die Roodekoppiesdam naby Brits deelgeneem het.

Corrie Janse van Rensburg het ’n 11de plek behaal nadat hy ’n karp van 7,1 kg uitgetrek het. Hy het in 2015 die wenvis in dié kompetisie uitgetrek. Vanjaar se wenkarp het ’n allemintige 11,6 kg geweeg. 

Janse van Rensburg se dogter, die 18-jarige Cornelia, was die produktiefste hengelaar en het 16 karps, waarvan die grootste 2,2 kg geweeg het en ’n baber van 7,7 kg uitgetrek. 

Dít nadat sy ’n stadige begin gehad het en die vis die eerste helfte van die naweek net nie wou byt nie. 

“My skoonseun sou aanvanklik saam met my kom, maar kon nie. Ek het op die nippertjie vir Cornelia gevra of sy nie maar wil saamkom nie. Sy vang nie gereeld vis nie en het haar sussie se viskas en my stokke geleen,” het Janse van Rensburg gesê. Die twee het van Vrydag, 29 September, om 16:00 tot Sondagoggend, 1 Oktober, om 08:00 langs die viswater gesit. Hulle het beurte gemaak om wakker te bly om die stokke op te pas. 

“Aanvanklik wou niks by Cornelia byt nie. Ek het toe vir haar boilies (’n tipe aas) en ’n Rietvlei-glystrop aangesit. Daarna moes ek net hardloop! So gou as wat ek die lyne met die boot ingeneem het, so vinnig het sy die visse ingekatrol.”

Sowat 850 hengelaars het aan dié jaarlikse uitdaging deelgeneem. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories