HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Tree aan vir gewilde wedloop


   13 October 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 61   l   2 months ago  

 


Die gewilde jaarlikse SuperSpar-wedloop op Bela-Bela-wedloop gaan vanjaar voort ondanks ’n groot terugslag van die hoofborg, Bela-Bela SuperSpar.

Die Warmbad/Bela-Bela-marathonklub is in 1990 gestig en het veral bekendheid verwerf as organiseerders van die SuperSpar-wedloop wat jaarliks in November aangebied word.

Die hoofborg van dié wedloop is al vir die afgelope 18 jaar Bela-Bela SuperSpar wat deur die Coetzee-familie besit word. Carel en Wiehahn Coetzee (snr.) het deur die jare nog altyd ’n oop hart én hand vir die Bela-Bela-marathonklub én die breër gemeenskap gehad. 

’n Brand het vanjaar in die vroeë oggendure van Saterdag, 23 September, in Bela-Bela SuperSpar uitgebreek wat groot skade aangerig het en dié onderneming was genoop om sy deure tydelik te sluit. Die Coetzee-familie het egter besluit om steeds die borgskap vir die SuperSpar-wedloop na te kom om te verseker dat dié geleentheid steeds vir drawwers én stappers ’n heerlike ervaring, met groot kontantpryse op die spel, sal wees.

Die wedloop vind vanjaar op Saterdag, 11 November, plaas en daar is vier afstande waarvoor atlete kan inskryf: 42,2-, 21,1-, 10- en 5 km.

Die marathonklub wil vanjaar ’n beroep doen op plaaslike inwoners, skole en atlete van dorpe in die omgewing om in groot getalle in te skryf in veral die 5 en 10 km afstande en daardeur aan SuperSpar terug te gee wat dié onderneming deur die jare vir die gemeenskap beteken het. 

Inskrywings kan vooraf gedoen word by www.entrytime.co.za. Inskrywingsvorms is ook beskikbaar by Hout is Goud en Essential Marketing in die Bushveld Mall op Bela-Bela. 

Voorafinskrywings sluit op Maandag, 6 November, maar atlete kan ook op die dag van die wedloop inskryf.

Die wedloop begin én eindig by Hoërskool Warmbad en almal wat die onderskeie afstande voltooi, sal medaljes ontvang.

Vir meer inligting oor die wedloop skakel 079 555 6934  of stuur ’n e-pos na belabelamarathon@gmail.com(.)  

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories