HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Lyndansers tree voor bejaardes op


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 129   l   4 months ago  

 

Dansers van die Boot Slinger Line Dancing Academy op Bela-Bela het bejaardes by die Warmbad Dienssentrum met hul lyndanspassies vermaak. Op die foto is Zannica en Elisbi Barnard en Charnee von Stade. Agter staan Anne van den Heever, Mel Smith, Rita McKnear, Sarie Smit, Rina Steynberg, Linda Prinsloo, Jenny Escreet en Petro Benadé. 


Die ywerige lyndansers van die Boot Slinger Line Dancing Academy op Bela-Bela het op Woensdag, 4 Oktober, vir die bejaardes by die Warmbad Dienssentrum opgetree.

Petro Benadé, dansinstrukteur, het gesê hoewel hulle nie gereeld optree nie en dit vir baie van die dansers ’n leerproses is om die roetines te bemeester, was dit ’n prettige vertoning.

Lyndans is ’n soort country-en- western-dans waarin dansers sonder dansmaats in ’n ry staan en gechoreografeerde danspassies met musiek volg. Benadé het gesê dié dansvorm het sy oorsprong in Amerika en het sedertdien in verskillende danssoorte ontwikkel.

“Lyndans word as ’n sosiale geleentheid bestempel, want die dansers leer om in groepe te dans en ontmoet dan nuwe mense. Baie van die dansers leer die bewegings vinnig aan, maar dit is soos skool — dit begin maklik, dan raak die bewegings moeiliker en daarna nóg moeiliker soos hulle vorder,” het Benadé gesê.

“Lyndans is baie goed vir die hart, spiere, postuur, balans, ritme en geheue, want ’n mens moet die bewegings onthou. Dit bevorder ook selfvertroue en kan bene sterker maak. As jy tussen nege en 90 jaar oud is en jy kan loop, kan jy dit doen.”

Benadé het in 2006 begin dans, waarna sy begin het om klasse aan te bied. Sy het in 2015 by die Renaissance-aftreeoord begin om klasse aan te bied.

Hoewel die huidige dansers goed aanpas by die verskillende roetines en alle aandag nou op hul verbetering is, word daar nie tans nuwe dansers by die akademie ingeneem nie. In die nuwe jaar sal belangstellendes weer kan aansluit, het sy gesê. 

Lynsdans is nie net vir vroue en bejaardes nie; mans kan dit ook beoefen, het sy gesê.

“Ons is van plan om ’n groot geleentheid aan die begin van Desember te hou en sal al die reëlings, tye en plekke eersdaags bekendmaak,” het sy gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories