HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Ruiters durf langpad aan


   27 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 179   l   2 months ago  

 

Nicole Davey het ’n 80 km-rit op haar perd Deo Gratias Danica voltooi op Vrydag, 6 Oktober. Foto: Manie Ward


Die Waterberg-uithouritklub het op 6 en 7 Oktober weer ruiters en hul perde se langasems by die ou skietbane buite Modimolle getoets. 

Ruiters kon op albei dae aan ritte oor 40 km, 60 km of 80 km deelneem. Die weer was koel ná die Donderdag se reën. 

Die klub se ruiters is ondersteun deur ouers, boeties, sussies en oupas en oumas wat gehelp het om die naweek ’n groot sukses te maak. 

Die veeartspaneel onder leiding van dr. Leslie van Niekerk het die perde elke dag meer as een keer ondersoek en seker gemaak dat hulle nie seerkry of ontwater nie. 

Janie Stapelberg, Anika Swart, Durandt Ferreira, Erma Groenewald, LJ Groenewald, Mieke Ferreira, Charl Smal, Lihany Smal, Reze Swart, Marietjie van der Merwe, Lizette Enslin, Hein Pretorius, Jennica Olivier, Melandri van Biljon, Marisa Diamond, Rochelle Ruthven, Skyelar Ruthven, Amanda Botes, Mikayla Botes en Wiets Botes het die 40 km-rit aangedurf. 

Lizette Enslin, Marietjie van der Merwe, Lize Stapelberg, Jennica Olivier, Nicole Davey, Mikayla Botes, Marilize Human, Anika Swart en Luan Pretorius het die 80 km-rit voltooi. 

Die volgende rit wat die klub aanbied vind aanstaande jaar op 6 en 7 April by die ou skietbaanterrein plaas. “Almal gaan hard oefen en die perde fiks kry vir die volgende seisoen,” het Marietjie van der Merwe gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories