HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Atlete sweet tydens gewilde marathon


   17 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 120   l   6 months ago  

 

Ywerige atlete het op Saterdag, 11 November, tydens die SuperSpar-wedloop, op Bela-Bela gewys dat versengende hitte nie atlete afskrif nie. Foto: Herman Steyn


Die stygende kwik op Saterdag, 11 November, wat tot hoër as 30°C gestyg het, het nie die deelnemers aan die SuperSpar-wedloop op Bela-Bela gekeer om die wenstreep te haal nie.

Dié wedloop het vanjaar ’n rekord-aantal deelnemers, altesame 1 078, gehad. 

Die atlete het aan die 5 km-pretloop, die 10 km, 21 km of 42 km-wedlope deelgeneem. 

Deelnemers kon die wedlope voluit aandurf of stap.

Tebogo Pulusa was die eerste man oor die wenstreep in die 21 km met ’n tyd van 1:12:58, met Emmanuel Ramohlale tweede (1:15:18) en Elliot Makgoba derde (1:15:54).

Salomie Cooper was die eerste vrou oor die wenstreep in die 21 km met ’n tyd van 1:32:15.

Belinda Marais was tweede (1:42:36) en Bronwyn Sephton derde (1:43:22). 

Ná ’n lang en warm 42 km was Thulani Duma in die mansafdeling eerste oor die wenstreep met ’n tyd van 2:36:59. 

Musa Sibiya was tweede in ’n tyd van 2:37:32 en Denus Nchabeleni derde (2:46:03). 

Lorraine Boshoff was die eerste vrou oor die 42 km-wenstreep in ’n tyd van 3:30:51, met Lindiwe Mthombeni tweede (3:41:45) en Isel Barnard derde (3:44:29).

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories