HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Groot pryse te wen by gholfdag


   24 November 2017   l   Carina Bester    l   Views: 121   l   57 days ago  

 


Die Naboomspruit-gholfklub is onder nuwe bestuur en bied op Saterdag, 25 November, sy eerste groot gholfdag — die Babalala-gholfdag — met groot pryse aan.

Die afslaan vir hierdie vierbal-beterbal, begin om 08:00 en kos R1 600. 

Die eerste prys is ’n heerlike naweekvakansie by ’n vakansieoord en die gholfspelers die naaste aan die penne kan ’n rooibok wen. 

Daar sal ’n kroeg by gaatjie vier, ses en agt wees en daar sal ook ’n biertent by die klubhuis wees. Ná die spel is daar ’n dans en braai wees.

Die bekende sanger Thys die Bosveldklong sal sorg vir die lagspiere terwyl die jagpakkette die aand opgeveil word.

Vir meer inligting oor die klub se gholfdae, skakel tel. (014) 743 1963 of die klubkaptein, Martin Barnardt, by tel. 082 4689421.

  • Die klub bied op Saterdag, 2 Desember, Die Oog aftreelandgoed se gholfdag aan. Die afslaan is om 07:00 en inskrywings kos R300 per persoon, gholfkarretjie uitgesluit. Die geld wat tydens hierdie dag ingesamel word, sal gebruik word om die aftreelandgoed se gesondheidsentrum te verbeter. 

Om in te skryf of vir meer inligting oor Die Oog-gholfdag, bel vir Gerhard Olivier by tel. 082 452 2709 of die gholfklub by tel. (014) 743 1963. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories