HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Kom maak vriende op die rolbalbaan


   01 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 246   l   5 months ago  

 


Die Warmbad-rolbalklub nooi alle belangstellendes wat nuwe vriende wil maak en terselfdertyd aktief wil wees, om by die klub in Van Stadenstraat op Bela-Bela ’n draai te maak. 

Die klub is met goeie geriewe toegerus en beskik oor bekwame veteraanspelers wat dié sport aan ander kan oordra.

Die rolbalklub se sakeliga is reeds ses maande aan die gang en 26 spanne — 104 spelers — ding teen mekaar mee.

’n Gesellige braai word ná elke wedstryd gehou.

Die klublede neem elke Maan-dag-, Woensdag- en Vrydag-middag aan sosiale kompetisies deel.

Die spel is vir oud en jonk aangesien daar reeds talle laerskoolleerders is wat die sport beoefen en daarin presteer.

Belangstellendes wat aan dié sport wil deelneem kan op Dinsdae en Donderdae ná 14:00 by die klub opdaag vir oefening. Vir meer inligting bel vir Koos van der Merwe by tel. 082 955 2350.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories