HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Plaaslike rugbyspanne skud reeds hul vere reg


   19 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 309   l   4 months ago  

 


Die nuwe jaar hou baie beloftes op die rugbyveld in.

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela en die Nylstroom-rugbyklub is reeds besig om hul vere reg te skud vir die jaar se rugbyliga.

Daar is nog geen wedstrydbepalings vir die komende liga of plekke aangewys waar wedstryde gespeel sal word nie.

Chris Goosen, Kwagga-afrigter, het gesê die manne het reeds op Maandag, 8 Januarie, vir oefening by Hoërskool Warmbad se A-veld opgedaag.

Jannie Venter, Nylstroom-klubpresident, het gesê die eerste oefening vir die plaaslike ysters vind op Maandag, 22 Januarie, op Hoërskool Nylstroom se velde plaas.

Albei klubs oefen op Maandae en Woensdae om 18:00 totdat die liga begin.

Ywerige spelers wat deel wil word van die onderskeie spanne en meer inligting verlang, kan vir Venter bel by tel. 082 372 9853 of vir Goosen by tel. 079 887 4808.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories