HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Stokou rekords spat by Nylies


   09 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 166   l   17 days ago  

 

William Mabena het die rekord vir die 400 m seuns o.19 wat sedert 1979 staan, aan skerwe gehardloop tydens die Nylies se interhuisbyeenkoms. Hy het ook ’n nuwe rekord vir die 100 m seuns o.19 opgestel. Rudolph Coetzer was tweede en Brandon Neveling derde.


Hier kom ’n ding! 

Die atlete van Hoërskool Nylstroom slyp hul tande vir vanjaar se atletiekseisoen en het tydens die interhuisbyeenkoms op Vrydag 26 Januarie geen respek vir rekords wat al baie jare lank staan, getoon nie. 

William Mabena het tydens die 400 m vir seuns o.19 ’n rekord wat sedert 1979 staan, aan skerwe laat spat. Die rekordtyd van L. Venter was 50.80 sekondes. William het sy 400 m in ’n blitsige 50.40 sekondes afgelê. Dit was steeds nie genoeg nie en hy het ook die rekord vir die 100 m vir seuns o.19, wat in 2001 deur L. Van der Merwe met ’n tyd van 11.10 sekondes opgestel is, met ’n tyd van 11 sekondes laat spat. 

Leonette Vosloo het nie op haar laat wag nie en in die 100 m vir meisies o.17 die rekord, wat in 2003 met ’n tyd van 13.10 opgestel is, verbreek met ’n tyd van 12.90 sekondes. Dié rekord is voorheen opgestel deur een van die leerders wat nou ’n onderwyser by die skool is, René Oosthuizen (néé Van der Merwe). Leonette het ook die 200 m meisies o.17-rekord (27.5 sek), wat ook in 2003 deur Oosthuizen opgestel is, met ’n tyd van 26.6 sekondes verbeter. 

Danel Niemann het ’n indrukwekkende nuwe rekord op die boeke geplaas deur Christene van der Merwe se 2016-afstand van 10.92 m vir gewigstoot meisies o.16 te met ’n allemintige afstand van 13.32 m te verbeter. Herco Seegers het die rekord vir diskus seuns o.16 wat in 2006 deur Gerrit Strydom met ’n afstand van 35.80 m opgestel is, na ’n afstand van 40.04 m verbeter. Hy het ook die gewigstoot vir seuns o.16 se rekord van 12.66 m met sy poging van 13.40 m verbeter. 

Marné van der Merwe het die rekord van 27.72 m vir meisies o.17 spiesgooi verbeter met haar afstand van 28.60 m.

Daniel Letsebe het sy eie rekord van verlede jaar vir seuns o.19 verspring van 6.57 m na 6.69 m verbeter. 

Heinrich Steffen het die rekord vir gewigstoot, seuns o.14 met ’n nuwe rekordafstand van 38.93 m verbeter.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories