HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Hengelspan van Bela-Bela gooi lyne by Loskopdam in


   29 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 231   l   26 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Paar ywerige hengelaars het op Saterdag 17 Maart aan die Transvaalse wilde boere (TWB) kurper- en baber-hengelkompetisie by Loskopdam buite Middelburg deelgeneem.

Die span van Bela-Bela het bestaan uit Kobus Small, Wernich Mostert, Dirk en Derick van Heerden.

Small het gesê dit is tragies dat belangstellendes deesdae sukkel om ’n ordentlike visvangplek te kry weens die droogte in die omgewing en dit is waarom hulle na Loskopdam is.

Altesame 13 bote en ongeveer 48 hengelaars het voor sonop die water ingevaar. 

Small het gesê dit het deur die oggend erg gereën en eers teen ongeveer 13:00 opgehou, waarna ’n genadelose hitte hulle getref het.

Die spanne is teen 18:00 terug na die oewer en die wenspanne wat die grootste of swaarste visse gevang het, is met pryse van kamptoerusting tot hengel-, hand-gereedskap en koopbewyse beloon.

Die organiseerders beoog om die TWB-kompetisie ’n jaarlikse instelling te maak en sal waarskynlik weer aanstaande jaar in Maart by Loskopdam aangebied word. Vir navrae kan mense vir Japie Cilliers by tel. 082 899 0704 bel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories