HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Hansieweek-opening sorg vir groot opgewondenheid


   06 April 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 281   l   17 days ago  

 

Die 26ste Mauritz Hansen-rugbyweek het op Dinsdag-aand 3 April by Hoërskool Hans Strijdom begin. Hier is die Hansies se eerste rugby-span tydens die optog. 


Die 26ste Mauritz Hansen-rugbyweek het op Dinsdag 3 April by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong begin. 

Die byna 2 000 rugbyspelers was tydens die opening uitgevat in hul onderskeie skole se spogdrag. Ds. Jan Claassen van die Hervormde Kerk op die dorp het die opening waargeneem en Johan de Beer, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het die verwelkoming behartig.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisi-paliteit, het die geleentheid gehad om die besoekers welkom te heet in die Waterberge.

George Klopper, uittredende hoof van Hoërskool Hans Strijdom, het ’n trofee ontvang vir sy jarelange bydrae tot die Hansieweek. Hy was vir 21 van die 26 jaar deel van die Hansieweek. 

Klopper het ook die gasspreker van die aand voorgestel. Lyndon Ferns, Olimpiese swemmer en wenner van verskeie goue medaljes, was vanjaar die spreker. Ferns is die rekordhouer van verskeie Suid-Afrikaanse-, Afrika- en wêreldswemtye.

Klopper het gesê Ferns is ’n voorbeeld vir die seuns, nie net in sy optrede nie, maar ook op die manier waarop hy geoefen en gewerk het om die hoogste sport te bereik. Ferns was deel van die aflosspan wat in 2004 die wêreldrekord saam met Ryk Neethling, Roland Schoeman en Darian Townsend in die 4x100 m-vryslag vir mans in Athene op-gestel het. 

Ferns het op sy beurt aan die spelers vertel dat dit aan volgehoue, vasberade oefening en harde werk te danke is dat hy ’n kampioen geword het. “Dit is nie net talent nie, maar die hoeveelheid werk wat jy insit wat jou die beste maak,” het hy gesê. Hy het ook gesê dat die vermoë om die versoeking van alkohol en dwelms te weerstaan van ’n mens ’n wenner maak. Sport is die trappie om suksesvol in jou lewe te wees.

Hy het ook die seuns aangemoedig om hulle in beroepe te bekwaam en om nie net op hul sport staat te maak vir hul toekoms nie.

In die openingswedstryd van die aand het die eerste span van Hans Strijdom die span van Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit met 26-3 gewen. Kiewiet van Niekerk van die Hansies is as speler van die wedstryd aangewys.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories