HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Talle ruiters neem deel aan uitdagende rit


   20 April 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 77   l   31 days ago  

 

Altesame 130 ruiters het aan die Waterberg-uithouritklub se jaarlikse tweedaguithourit wat buite Modimolle plaasgevind het, deelgeneem.


Verlede week se onweerswolke en baie reën het die tafel gedek vir ’n heerlike naweek vir ’n uithourit in die Bosveld. 

Die Waterberg-uithouritklub hou jaarliks gedurende die eerste naweek van April ’n tweedaguithourit en vanjaar het 130 ruiters deelgeneem. 

’n Klomp ruiters van die klub het op Vrydag 6 April aan die 40 km-rit deelgeneem. Hulle was Manei Maré, Reze Swart, Lienka Swart, Skyelar Ruthven, Rochelle Ruthven, Charl Small en Lukas van der Merwe.  

Daar was ook ’n paar wat die 80 km-rit aangedurf het. Hulle was Brenden Davey, Luan Pretorius, Lizette Enslin, Lillian Müller, Cecile Kruger en Marietjie van der Merwe. Nog ’n span ruiters het die Saterdag deelgeneem. Plaaslike ruiters Lihany Swart, Lillian Müller, Hein Pretorius, Zanel van Staden, Lizette Enslin en Marietjie van der Merwe het die 40 km gery. Die 80 km-rit is aangedurf en voltooi deur Cecile Kruger en Nicole Davey. 

“Die rit is baie gewild onder die stads-ruiters en veral die deel in die wildskampe tel onder die beste ervarings vir die ruiters. Menige ruiter land op die grond as die perde skrik vir diere langs die pad, maar dit maak die dag en die rit se storie net beter,” het Marietjie van der Merwe, organiseerder, gesê. Sy het die ondernemings en plaaseienaars wat die klub ondersteun en hul toelaat om hul geriewe te gebruik, bedank. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories